SKERMGREEP Apple Store

Hieroor praat mense

Zuma weer in die nuus

Aan die begin van elke jaar publiseer die nuustydskrif Time in samewerking met ’n span risiko-ontleders ’n lys van die top 10-bedreigings vir ekonomiese stabiliteit wêreldwyd. Dat ons eie pres. Jacob Zuma hierdie lys gehaal het, sal seker nie vir almal as ’n verrassing kom nie.

Time beskryf die binnegevegte in die ANC oor die opvolging van die “uiters ongewilde” president tesame met bewerings van korrupsie as ’n giftige kombinasie wat broodnodige ekonomiese hervorming kan vertraag. Dít verhinder Suid-Afrika weer om ’n beduidende rol te speel in die konflikte van sy buurlande.

As jy soos baie ander mense magteloos voel oor ons politiek, is dit dalk net die tyd om te doen wat Suid-Afrikaners nog altyd goed kon doen – en dit is lag vir onsself!

Die Zumalator is ’n app wat die spot dryf met pres. Zuma se gesukkel om groot getalle uit te spreek. Dit gebruik sy stem om (verkeerde) oplossings vir berekeninge te gee en dit het ook ’n “Nkandla”-knoppie. Volgens Justin Nothling, ontwikkelaar van die app, sit dit ’n glimlag op die gesig van almal wat gebruik.

SKERMGREEP Apple Store

SKERMGREEP Apple Store

Laai die app op iTunes af hier.

Laai die app op Google Play af hier.

Lees nou

Iman se roerende huldeblyk aan David Bowie

Eerste dag van skool: Bekendes deel foto’s

Anna-Mart word “ma”