FOTO Unsplash (Francisco Moreno)

FOTO Unsplash (Francisco Moreno)

Hieroor praat mense

FOTO’S: Kyk net hier, ek skei!

Catherine Meisenberg se egskeiding-foto’s het byna die internet gebreek! Dié fotosessie is al meer as 63 000 keer op Facebook gedeel, terwyl die likes op die fotograaf se blad in net 3 dae van 350 tot meer as 17 000 gegroei het. Wat dink jy van hierdie fotosessie?

Mail Online berig dat die 24-jarige Catherine, ’n ma van drie in Iowa, Amerika, onlangs haar egskeiding voor die lens gevier het. Haar nuwe status het haar bemagtig om dié simboliese foto’s deur Angela Josephine Photography te laat neem.

Die foto’s beeld Catherine se hele gedaanteverwisseling uit: in die begin het sy haar trourok aan, maar dan raak sy een vir een van haar huweliksaandenkings ontslae. Sy skeur ’n foto van haar en haar eksman middeldeur, laat val haar ruiker, slaan met ’n korfbalkolf deur ’n troukoek waarop sy van geskryf is, raak ontslae van haar trourok en verbrand hul foto’s.

Maar Catherine is nie die enigste vrou wat al dié soort foto’s laat neem het nie. As jy op Google, Instagram, Facebook of Pinterest na egskeiding-fotosessies soek, vind jy hordes! The Sun berig ook dat Catherine, wat haar man ontmoet het toe hulle 14 jaar oud was, se optrede deel is van ’n groeiende tendens.

Ook die Trash the Dress-tendens (ook genoem “fearless bridal” of “rock the frock”) waar bruide hul rokke verskeur en in die natuur vuilsmeer, word nou al hoe meer gesien in geskeide vroue se fotosessies. Dramatiese foto’s beeld die vrou se gedaanteverwisseling uit.

Angela Josephine, die fotograaf, het aan Mail Online gesê sy het die foto’s vir Catherine gratis geneem, want sy wou iets hê om op haar Facebook-blad te deel. Sy het nooit dié wêreldwye reaksie verwag nie.

Angela verduidelik dat so ’n sessie ’n positiewe ervaring is. Catherine voel ook dat die foto’s wys hoe sy vaarwel sê vir haar ou lewe en die mislukte huwelik.

Wat dink jy van egskeiding-fotosessies? Sal jy sulke foto’s laat neem? Op sosiale media was opinies sterk verdeel tussen mense wat dink dit is sexy en bemagtigend en ander wat voel dit is onsensitief en negatief …

Lees ook

Dís hoe Nadia Beukes gewig verloor voor troudag

FOTO’S: Aktrise Rolanda Marais se sprokiestroue

  • Madelyn

    Dis vir my so hartseer om te dink dat mense egskeiding vier! Ja, die fotos kan sy verbrand, die rok utimekaar sny, die koek uitmekaar slaan, maar sy was EEN met haar man. N stukkie van hom het in haar gees agtergebly. Hy het n stukkie van haar hart totdat sy hom ten volle vergewe het, hom vrygespreek het en dan n nuwe lewe begin. Tot die dag wat dit gebeur sal die seer nie weggaan nie, dit sal daar bly…..

  • LBS

    Skone kensgeit!