FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images

Hieroor praat mense

Sal Pat Lambie die kaptein wees wat skitter?

Vanjaar se rugbyseisoen is vir die meeste Suid-Afrikaners ’n teer saak – iets waaroor hulle beslis nie gaan huis toe skryf nie. Tog is daar ’n paar spelers wat wel geskitter het en een van hulle is die Bok Pat Lambie. Hy het sy terugkeer gemaak ná ’n skrikwekkende harsingskudding op 11 Junie.

Die Bokbreier Allister Coetzee het Pat Maandag aangewys as kaptein vir Saterdag se wedstryd teen die Barbarians op Wembley in Engeland. Dit sal sy eerste wedstryd as Bokkaptein wees.

Vir die 26-jarige is dit ’n verantwoordelikheid wat hy met trots sal dra, berig Netwerk24.

“Om vir die Bokke te speel is reeds ’n groot eer en die kapteinskap kom met ’n yslike verantwoordelikheid. Suid-Afrika het ’n trotse tradisie” sê Lambie.

Volgens Netwerk24 tel die volgende in sy guns:

– ’n Goeie temperament: Pat kan sy emosies goed beheer.

– Goeie aanvallende instinkte.

– ’n Staatmaker wat foute beperk.

Vir die volledige storie lees Netwerk24.

Dis byna 5 maande gelede dat die Iere se linkerflank, CJ Stander, vir Pat trompop geloop het en hy net bly lê het.

Sy vrou, Kate, het onmiddellik gedink dat hy sy nek gebreek het.

“Ek was dáár en het saam met sy ouers na die spel gekyk. My eerste gedagte was: Het hy sy nek gebreek? Dit klink dalk bietjie dramaties, maar ’n mens is geneig om die ergste te dink. Gelukkig het ek hom enkele minute ná die voorval gesien,’’ het sy destyds aan SARIE.com vertel.

Kate en Patrick Lambie. FOTO Verskaf

Kate en Patrick Lambie.
FOTO Verskaf

Maar hy het almal verkeerd bewys. En Saterdag sien ons vir Kaptein Pat in aksie!

Lees nou

Kyk dié bekendes se Halloween-kostuums!

Internasionale benoeming vir jong SA film-fotograaf Adam Bentel