kknk
Hieroor praat mense

SARIE by KKNK 2012 – Jolyt op Oudtshoorn

SARIE-winkel

Koop SARIE van April @ R25
Koop die April-uitgawe van SARIE @ net R25 en jy kry ’n GRATIS FEESSAK vol pasellas.

Koop SARIE KOS April/Mei @ R35
Koop die splinternuwe SARIE KOS (April/Mei-uitgawe) @ net R35 en jy kry ’n GRATIS FEESSAK vol pasellas.

Teken in op SARIE @ 30% afslag
Jy betaal slegs R280 vir 12 UITGAWES van SARIE – R92 minder as die gewone intekenprys. Daarby kan jy kies uit een van die GRATIS GESKENKE by ons stalletjie én jy kry ’n REVLON-produk in jou geskenkpak.

Teken in op 6 SARIE KOS-uitgawes @ R178
Jy spaar R62 én jy kry ’n bottel slaaisous van Creative Cuisine Pantry in ’n SARIE KOS-inkopiesak
as geskenk.

Teken in op SARIE + SARIE KOS (spaar R154)
Teken in vir 18 UITGAWES (12 SARIE- en 4 SARIE KOS-uitgawes)@R458. Kies dan uit een van die gratis geskenke by ons stalletjie. Plus: Jy kry ’n bottel slaaisous van Creative Cuisine Pantry en ’n REVLON-produk in jou geskenkpak.

SARIE KOSApril 2012 - Charlize Theron

Chris Viljoen

Splinternuut! Ons modewinkel

SARIE se modedirekteur, CHRIS VILJOEN, en die span van ons nuwe aanlynwinkel op sarie.com wys by ons stalletjie hoe jy maklik, vinnig en gerieflik ’n wêreld van mode aan jou voete kan hê. Chris gee raad en deel wenke oor hoe om te woeker met die nuutste modes terwyl kundiges jou wys hoe om dieselfde modeartikels aanlyn aan te koop.

Fees-wimpers

Maak ’n draai by REVLON se toonbank en toets die nuutste PhotoReady™ 3D Volume Mascara, spesiaal ontwerp om jou wimpers glans en volume te gee. En kom sit sommer reg vir jou feesgrimering.
Koop ook jou SARIE om ’n inskrywingsvorm te kry sodat jy een van 5 gelukkige SARIE-lesers kan wees
wat elk ’n REVLON-geskenkpak van R2 000 wen.

RevlonREVLON PhotoReady 3D Volume Mascara


Ons is vanjaar mediavennoot vir gesinsvermaak en Christa Steyn

20 HANDE, 1 HART

Een trekklavier, drie klaviere, tien pianiste, twintig hande – maar net een hart. ’n Hart wat warm klop vir Christa Steyn.

Selde sal die gehoor die kans kry om in so ’n uitsonderlike musiekervaring te deel met solo’s, duette, improvisasies en skermutselings.
Met onder andere Pedro Kruger, Brandon October, Lize Beekman, Matthys Maree, Ollie Viljoen, Jak de Priester, Anna Davel, Janine Neethling, Laurinda Hofmeyr, Roelof Colyn (Handful of Keys) en Alexa Strachan as seremoniemeester.
Aangebied deur die Met Mathys Trust.

Net 2 vertonings
PLEK ABSA Burgersentrum
TYD 5 April 20:30; 6 April 10:00
PRYS R100 p.p.

OU BLARE
Susanne Beyers (links), Elsabé Daneel en Joanie Combrink speel drie jarelange vriendinne wat bymekaarkom om te herlaai. Hulle is dapper, eksentriek en vies. In dié komedie word ’n lig gedra vir vroue. Lees ons storie op bl. 172.

PLEK kykNET Hoërskool
TYD 31 Maart 10:00
1 April 20:00
2 April 14:00
3 April 14:00
PRYS R100 p.p.

Suzanne Beyers, Elsabé Daneel en Joanie Combrink Christa Steyn

Kyk deur ‘n mode-bril

Mode is daar om te geniet met Vogue se reeks stylvolle sonbrille vir moderne mans en vroue. 4 gelukkige intekenare kan elk ’n R1 000-koopbewys vir ’n Vogue-sonbril wen wanneer hulle op SARIE of SARIE KOS inteken.

Meesterstuk

Hoëgehalte-bestanddele vir produkte waarmee jy ’n eenvoudige gereg in ’n meesterstuk kan omskep – dís Creative Cuisine Pantry-produkte. Kry ’n gratis 375 ml-bottel slaaisous met elke SARIE KOS-intekening.

  • Lana van Wyck

    Ek wou so graag ‘n Sarie kos (April/Mei uitgawe) met die feessak he, en het iemand gestuur om dit te koop by die KKNK stalletjie, maar sy het nie gekry nie.

    Is daar nie moontlikheid dat ek een erens kan koop nie, of kan u dit nie vir my per pos stuur nie, asseblief.

    Baie dankie