sr1105royalwedding22
Hieroor praat mense

SARIE in Londen – Arlene blog oor die troue: “Camilla was pas hier!”

Camilla, die hertogin van Cornwall, het minute gelede oorkant die pad gestaan en drukkies uitgedeel en met mense gepraat.

Nou het die Bobbies die skare met polisie lint afgesper op die hoeke. Almal staan en wag – ‘n motor kom uit. Wie is dit?

Vensters is swart. Ag nee. Vroeer vanoggend se in en uit hier was Harry, Kate en die blommeisies se laaste oefening.

By Buckingham-paleis is die skare so dig ons kon nie deurstap nie. My SA vlag trek baie aandag. Suid-Afrikaners kom gesels, ander mense neem net ons vlag af.

Kyk na Arlene se foto’s

  • Hyla

    Geniet die troue!!!!

  • Beatrix Roux

    Enjoy Arlene! Jy lyk lekker knus ingewikkel daar vir die lang wag. Het vanaand weer Prinses Diana en daai ou hings se troue gekyk en kon nie help om hartseer te voel vir die onskuldige jong meisie wat daar uitgestap het en wie se lewe so skeefgeloop het nie.
    Hoop hierdie tweetjies doen dit reg en dat dit forever en nog langer gaan hou. Hier in my huis hou ons more royal wedding met melkkos, kaggelvuur en ‘n soet hanepootjie. 7 Vriendinne, ek en die flat screen. Sal op jou drink!