Hieroor praat mense

SARIE in Londen: Arlene se koninklike-troue-blog: “Die strate is vol toeriste”

Groot glasvensters kyk weerskante van die vertrek uit op lowergroen bome. Hoewel dit ‘n tegnies frustrerende dag was, was dit ‘n lieflike dag. Die strate is vol toeriste.

In al die parke lê kaalbors-mans en bak in die son, en ma’s met stootwaentjies is die wêreld vol.

Om Buckingham-paleis was dit n miernes van bedrywighede. My foto’s is vinnig so deur die swart Londense taxi geskiet. Die Union Jacks hang die Mall vol, en die kunsmatige groen van die tydelike TV-studios is ‘n seer vir die oog.

Orals is kameras. Ook by Westminister-abdy, is daar omtrent elke vier meter ‘n groot TV-kamera opgestel. Die tou mense wat in die abdy wou gaan inloer, het ver straat-af gekrul. Van more af is die abdy toe vir die publiek en gaan die allerpragtigste blommeversierings daar opgerig word.
Saterdag, wanneer die abdy weer oopmaak vir ons gewone siele, beplan ek om van naderby te gaan kyk hoe die rangskikkings lyk.

Vandag het die Mall met die skadu van die bome en beloftes van groen gras as ek bietjie sagter wil lê, baie belowender gelyk as die sypaadjies voor Buckingham-paleis.

Almal is benoud oor die weer. Ligte reën word Vrydag verwag, en daarvoor het ek mos my groot sambreel en reuse reënjas ingepak.

Nou moet ek my rugsak gaan pak vir more. En leer hoe om vinnig en akkuraat met my nuwe selfoon te werk (selfs in pond heelwat goedkoper as in Suid-Afrika).

  • Kitty du Plessis

    So bly ek het darem erens toegang tot die troue.Ons werk in Madagaskar op die Suid-weste kant en hier is GEEN televisie nie.Die internet is al wat ons het. Hier is SA vrouens en Franse en gaan almal more n groot hoed opsit,tee drink en lekker saam met die koningshuis bruilof hou.

  • carin smith

    Go for it Arlene, geniet die troue! Hoop jy kry goeie uitsig op al die koninklikes en dat jy darem nie te ongerieflik slaap vanaand op straat nie!

  • Magda

    Voel weer of daar bietjie magic terug is in die wereld! onthou so goed die wedding van Charls & Di! dit was magic!!

  • Annamari Havenga

    Jy moet elke oomblik geniet! Voel of ek weer terug is in 1981 met die vorige troue wat ons elke oomblik op TV gevolg het. Jy moet ons SA vlag hoog waai en namens ons alles inneem en kom oorvertel! Hoop nie dit is te koud op straat nie!

  • Angela de Oliveira

    Ek weet dat ek sou in Afrikaans skryf, maar…. my English is much better seeing that I have lived in the UK for 10 Years. I meet Arlene this morning well I walked the mall seeing the sights and meeting happy campers, the only South African among the Brits, Americans, Australians and the odd New Zealander. It was great speaking to her and meeting a fellow Capetonian and I can say she was very excited to be in the UK, I hope she does not frezze to-night or get wet and I know she will have an expericance that will stay with her for ever. Enjoy your time in the UK Arlene, and have a fab time tomorrow, you have one great view of everything from your location along the Mall.

  • Peet

    Lekker Arlene! Jou geesdrif is aansteeklik. Jy moet meer gereeld skryf.

  • Elize Reyneke

    Jy moet ons asseblief op hoogte hou.. kannie wag vir die volgende SARIE nie!!

  • weixhxke

    wUmoVG bcztlceolsna, [url=http://vkojabhlizwn.com/]vkojabhlizwn[/url], [link=http://jpigncwkvddn.com/]jpigncwkvddn[/link], http://kodqbeyqzooc.com/

  • vwajsdfbzc

    iorTMm acrmjtfvzpzc, [url=http://uwycoxsgjduh.com/]uwycoxsgjduh[/url], [link=http://ojspcndzssmw.com/]ojspcndzssmw[/link], http://slnbcxfthfci.com/