Hieroor praat mense

SARIE in Londen: Arlene se koninklike-troue-blog

In ‘n rugsak gooi ek van begin Desember alles wat ek dink nodig gaan wees vir die sypaadjie-uitkamp in Londen (meer daaroor in die Mei-uitgawe van SARIE).

In die tas, ek beskou dit soort van as ‘n ruil-transaksie, is ‘n reuse-fotografieboek wat ek vir my vriend Karel neem. Ek neem die boek en Karel en Bea verskaf aan my verblyf in Hampstead.

Ook in ‘n sak is 24 pare swart bamboes-sokkies vir my vriend Markus (!). Ek bring die sokkies, en hy neem my St. Andrews en Balmoral toe!

Die eintlike ruiltransaksie is dat wanneer die sokkies en boek uit die tas is, daar sommer baie plek is vir aankopies (lekker!).

Ek het my boek met lysies (van wat om in te pak, hoeveel van elk, medikasie, en watter boeke ek wil lees) gelukkig al lankal gemaak. Ek beplan immers al van vroeg Desember af, toe ek my kaartjie gaan bespreek en betaal het.

Nou hou ek net dop wat alles buite Buckingham-paleis aangaan. Die tydelike ateljees vir TV-netwerke is klaar gebou, en ek sien vanaand die Amerikaanse TV-netwerk ABC het ‘n foto van binne die ateljee geneem met Buckingham-paleis op die agtergrond.

Seker die dat die Yanks so vies is dat die paleis om halfeen die oggend AL die ligte wat brand in die vooraansig van die paleis, afskakel. Buckingham-paleis glo aan energie-besparing, maar die Amerikaanse netwerke is vies. Presies die tyd wanneer hulle wil oorskakel om die grootste Amerikaanse gehoor te bereik sal die agtergrond stikdonker wees (dus geen verligte Buckingham-paleis).

Op die stikdonker noot, ek het besef dat ek ‘n kop-flitsie nodig het indien ek laatnag nog wil lees, of dalk ‘n draai in die St. James-paleis wil gaan loop by die portaloos!

Ek wil nog ‘n kampeerstoel gaan koop, net om die lang wag in kampeer-gemak deur te sit. Maar die res, alles is nou of reeds in my tas of in my rugsak.

Ek’s reg vir Londen!

  • Hyla

    Geniet die troue Arlene… (en die shopping vir al daardie spasie in die rugsakke)… groete

  • de lint

    Dit klink heerlik & na groot pret! Geniet elke oomblik!

  • Annette

    Wens ek kon daar wees! ‘n Sleutelhouertjie van William en Kate vir my versameling is al wat ek begeer. As daar ‘n gaatjie in jou rugsak is….