sr1105royalwedding22
Hieroor praat mense

SARIE in Londen – “Dis ‘n kwessie van minute…”

Blink motors ry in en uit. ‘n Jaguar, in Britse racing green, het pas ingedraai. Vroeër het twee klein busse vol mense na Buckingham-paleis gery.

Almal staan. God Save the Queen word kort-kort om my gesing. Union Jacks waai in my gesig. Die Bobbies staan so 50 meter uitmekaar met hul gesigte na die skare gedraai. Kort-kort blêr pragtige koormusiek oor die luidsprekers neffens my. Ek kan nie waag om te draai nie – dan verloor ek my plek!