SARIE Junie 2011 - In dié uitgawe
"Ek's weerloos en die kollig moeilik," sê Jo da Silva, 7de Laan se Gita, wie . In dié uitgawe gesels Coenie de Villiers ook eksklusief met Pieter-Dirk Uys, ontmoet 'n leser wie op 30 dates in 6 maande gegaan het ons wys die inspirerende Oscar Pistorius se foto's vir 'n bekende parfuumhuis. Top-modes in grys jasse en baadjies, en winterkos-inspirasie met appeltert en potbrood langs die kampvuur.
Michélle skryf:
Dis nie reg om oor die weer te praat as jy klein geselsies wil maak nie. Dis glo nie elegant nie; ook nie etiket nie.
Sê wie? sê ek. Hoe kan ons nié oor die weer praat as dit so sentraal is tot ons bestaan nie. Dink daaraan: Dit bepaal grootliks hoe ons ons blyplek inrig, hoe ons aantrek, wat ons eet. Afhangend van die weer laat dit sekere aktiwiteite toe en beperk weer ander.
![]() |
Daar’s ook geen twyfel nie dat die weer goed kat en muis speel met ons emosies. ’n Blouhelder sonskyndag werk mos heel anders met ons gemoed as daardie stil, lomerige winterdae. Winddae word opsygesit vir die natuur se groot skoonmaak, maar o, daai wind weet ook hoe om aan ons siel te torring. So, is dít nie als rede vir ’n goeie gesprek nie? Hoe sê jy vir die boer wat die horison fynkam op soek na tekens van reën vir sy droë grond en dors diere dis nie rég om oor die weer te praat soos en wanneer hy wil nie? Of die visserman wat die weer soos die palm van sy hand moet ken om ’n dikwels nukkerige see te trotseer om kos op die tafel te sit. So pas was ek vir byna ’n maand in Afrika sonder ’n BlackBerry, sonder TV, sonder koerante en tydskrifte en ja, sonder ’n haardroër en soms sonder krag! Op ’n kol het ek gevra: Wat’s nuus van die huis? “Dit reën in die Kaap,” was die antwoord. So in midde-Afrika was dit genoeg vir my. Toe’t ek geweet die seisoen het gedraai. As dit bly reën, sal die Kaap ál groener word en hopelik ons damme al hoe voller, en by tye sal die mis swaar oor die see hang. Daar waar ek in die Serengeti was, was die diere op die pleine aan die maal en draai, rusteloos en onseker. Ook tussen seisoene .Tussen die stof van die suide en die reën wat moet kom in die noorde. Halfpad tussen moontlike dood aan die een kant en oorlewing aan die ander. Vir hulle is dit ’n waiting game, en hul lyftaal en gebulk het hul angstige “gesprek” verklap: Wannéér kom die reën? |
By Ngorongoro kon ek sien hoe weerlig al op dierand van die reuse-krater speel totdat die water in strome val – genoeg om die stof van elke boom en blaar af te spoel. Vir die Maasai wat agter water en weiding vir hul vee aantrek, bring só ’n buitjie reën hoop vir die dag, en dalk nog ’n dag.
In Zanzibar smeek jy naderhand om lafenis. Smiddae het ek saam met die Zanzibari’s gekyk hoe spierwit wolke soos reuse-sampioene op die horison ontplof, dikwels om net weer te verdwyn. Maar dan uiteindelik kom die genade en koel die reën die warm, warm aarde af.
Op die vliegtuig terug na Johannesburg gee die vlieënier die beste stukkie nuus: Dit reën in Johannesburg. Vir my, geen beter tuiskoms nie! Reën is altyd meer as ’n geselsie werd; dis ’n taal wat ons álmal – mens en dier – verstaan.
Tot ons weer gesels wanneer ons winterlekker Julie-uitgawe vanaf 13 Junie op straat is.
Groete,
Michélle van Breda
NÓG VOORBLAD-INSPIRASIE
|
Hier's die ware Gita |
![]() |
"Evita is my terapie" |
|
Fanie in New York! |
![]() |
Mode: Sjiek in die stad |
![]() |
Keira Knightley se geure van onthou Die aktrise Keira Knightly praat oor die rol wat geur in haar lewe speel en sê hoekom dit vir haar moeilik is om haarself op film te sien |
![]() |
Dekor: Strepe, knope en steke Met tekstuur, growwe steke en knope kan jy 'n klassieke, getailleerde voorkoms vi rjou leefvertrek skep *Maak self: Brei 'n winterjassie jou dompelkoffiepot en maak warm oortrreksels vir jou koffiebekers |
![]() |
Warm om die kampvuur Van heerlike jaffles tot appeltert en lamspothie met kluitjies. |
Verwante artikels
-
Dra jou SARIE-serp en wys on hoe jy lyk!
SARIE Junie 2011
Dis maklik! Neem 'n foto van jouself met jou SARIE-serp aan en deel dit met ons en jou vriende op ons Facebook-blad.
-
SARIE nou digitaal!
Lees jou SARIE enige tyd, enige plek. Teken in op die digitale weergawe van SARIE en SARIE KOS en laai dit 1,2,3 af op jou rekenaar of e-leser/tablet.


































Kommentaar
Ronel van der Walt Windhoek het gesê:
Ek het ongelukkig Saire-kreatief van Junie 2011 gemis hier in Windhoek. Waar kan ek dit nou in die hande kry. Die Julie-uitgawe is reeds op die rakke, en die lieflike uitgawe waarvan almal praat is nou al skoonveld.
20ste Jun. 2011, 14:00karen het gesê:
haai daar ek wil ook net vra soos anneke vantevore op watter bladsy het die 1ste 10 finaliste van die voorblad kompetisie verskyn, en ek sien die nuwe sarie is ook reeds op die rakke. op watter bladsy is die verdere 10 finaliste >
13de Jun. 2011, 15:57Anneke het gesê:
Helo daar Sarie, wat het van die 1ste 10 finaliste van die voorblads kompetisie geword in die junie uitgawe. Op watse bladsy is dit, ek sien dit nie.
23ste Mei. 2011, 11:35Elize het gesê:
waar koop ek sarie kreatief in centurion?
22ste Mei. 2011, 17:33Suzan Da Costa Pereira het gesê:
Dankie Sarie - ek het gister gespog met my nuwe serp! Wanneer verskyn die brei patrone boek asb? Ek is mal oor Sarie al is ek eintlik Engels sprekend.
20ste Mei. 2011, 13:27