010414SRSKaroo001.pdf
Hieroor praat mense

SARIE KAROO nóú op die rak

SARIE KAROO is nou op die winkelrakke en beeld ’n kosstorie uit wat vertel van die hegte bande tussen familie en vriende, die vrolikheid en sommer net die lekker-lag-tye om die tafel.

Van die resepte sluit SARIE KOS-redakteur Barbara Joubert se gunstelinge van haar kinderdae in soos melksnysels, Post Toastie-tert en Sondagmiddag-lamsboud en bygeregte – alles in Karoo-styl!

SARIE KAROO – by uitgesoekte winkels op die rak vir R40 00 (BTW ingesluit).

Loer binne die SARIE KAROO

karoo1 karoo2 karoo3 karoo4

 Gratis RESEP uit SARIE KAROO:

Gemmerbrood

Die broodjie kan ‘n paar dae voor die tyd gemaak word en in ‘n lugdigte houer gehou word. Sit voor met botter.

240 g (430 ml) koekmeel
10 ml fyn gemmer
5 ml gemengde speserye
5 ml kaneel
5 ml koeksoda
2 ml sout
120 g (130 ml) botter
125 ml goue stroop
100 g (125 ml) suiker
125 ml kookwater
1 eier, geklits

Verhit oond tot 180º. Sif meel, gemmer, gemengde speserye, kaneel, koeksoda en sout saam in ‘n groot mengbak. Plaas botter, goue stroop, suiker en kookwater in ‘n kastrol en verhit oor baie lae hitte op stoofplaat. Roer tot suiker gesmelt het. Voeg warm stroopmengsel by droë bestanddele en meng goed. Voeg gesklitste eier by en meng goed deur. Gooi mengsel in ‘n oond en bak sowat 1 uur. Druk ‘n dun penntjie in die middel van die broodjie. As dit skoon uitkom, is die broodjie reg. Haal uit oond en laat staan sowat 5 minute voor jy versigtig uitkeer. Laat afkoel. Die broodjie smaak altyd op sy lekkerste 2 dae later. Draai dit net toe met kleefplastiek.

010414SRSKaroo001.pdf

  • annatjie

    Satie is n lekker boek op te lees en sien nuwe goed wat is ver naals en gemering ek hou daar van dit is my gunsteling boek sarie