Voorbladgesig vbg
Hieroor praat mense

SARIE kondig Top-40 Voorbladgesig-finaliste aan!

Lesers het in hul duisende ingeskryf vir SARIE Voorbladgesig 2015 in samewerking met Schwarzkopf– van Kaapstad tot Kuruman en Cornelia in die Vrystaat. Onderwysers, oogkundiges, rekenmeesters, studente, huisvroue, haarkappers, dokters en operasangers wíl op die voorblad wees. Ons is van voor af geïnspireer deur elkeen se waagmoed en lus vir die lewe!

En nou is ons een stap nader aan ons 5de Voorbladgesig: ons top-40 is gekies!

Die finaliste val onder twee ouderdomskategorieë: Die eerste kategorie is vir vroue tussen die ouderdom van 18 en 30 jaar, en die tweede kategorie vir vroue 31 jaar en ouer. Een van die 2 katergorie-wenners verskyn op die voorblad van die Oktober 2015-uitgawe. Sy is dan die SARIE Voorbladgesig 2015.

Die pryse:

1STE PLEK

Wenner in kategorie 18 – 30: R50 000 kontant van Schwarzkopf

Wenner in kategorie 31+: R50 000 kontant van Schwarzkopf

10 FINALISTE

Elk van die 10 finaliste kry ’n gekenkpak van Schwarzkopf, Clicks, BaByliss en Max Factor

Lesers kan eerste die finaliste in SARIE se Julie-uitgawe sien (reeds digitaal op MySubs teen R25 beskikbaar. Die gedrukte uitgawe is Maandag te koop.)

Laai jou aanlyn-weergawe HIER af. 

Sukkel jy om dit af te laai? Lees dan eers hier. 

nadia beukes