Hieroor praat mense

Laaste kans! Kry jou SARIE KOS Extravaganza kaartjie

Dit gaan ’n kosfees soos min wees wanneer SARIE en SARIE KOS, in samewerking met Checkers, jou tydens 2 eksklusiewe geleenthede om die tafel laat kuier.

Barbara Joubert en Herman Lensing, ons kosredakteurs, gaan hul resepte met jou deel op ’n wêreldklas-verhoog.

Van Suid-Afrika se top-kunstenaars gaan ons vermaak, en die eerste is SARIE se eie Nataniël! Hy sal die Extravaganza se seremoniemeester wees terwyl lesers by swierige tafels aansit en behoorlik bederf word. Sandra Prinsloo is die regisseur en sit als bymekaar.

OP DIE VERHOOG:

Nataniël

Barbara Joubert

Herman Lensing

Christian van Afri-Talia-faam

Jay (by Gallagher)

Jak de Priester

ADAM (Kaapstad)

Jannie Moolman

Anna Davel

Matthys Maree en sy orkes

Barbara Joubert Herman Lensing
[box:full:grey:both]

BESPREEK Só:

JOHANNESBURG

Saterdag 22 Oktober

Waar: Gallagher-landgoed, Midrand

KAAPSTAD

Saterdag 5 November
 

Waar: Kiks, Kaapstad

Vir albei Tyd: 09h30 vir 10h00 Prys: R595 per persoon

Besprekings open 15 Augustus.

Bel Ingrid by 021 408 1286, weeksdae van 09h00 tot 16h30.

DOEN DIT VANDAG NOG. KAARTJIES IS MIN!

[/box]

  • Sharon Volschenk

    Ai, as ek lees van die heerlikheid voel ek erg nostalgies. daar is darem dinge wat net in Suid Afrika gebeur. Ek woon nou al 2 jaar in Brisbane, Australie, en alhoewel ek baie gelukkig is hier, is daar maar net een Nataniel, en hy is nie n Aussie nie. Ek wens ek kon by julle fees wees! Sterkte SARIE, ek weet dit sal fantasties wees!!

  • Susan Kotze

    Sou bitter graag wou gaan maar kan dit net nie bekostig nie, miskien ‘n volgende keer?

  • Geeta Lalloo

    Hoekom kom julle nie Durban toe?

  • Lindie Buitendag

    Ons is ses sappige saries en drie gaan verjaarsdag hou saam met Sariekos op 5 November.
    Ek mag seker al die slapies tel.

  • Lynette Franken

    Ek het so pas gehoor my man gaan my bederf en vir my kaartjie betaal. Ek sien vreeslik uit daarna.

  • Yolanda Koegelenberg

    Ek en Skoonsus het sommer vroeg al ons kaartjies gekoop. Kan nie wag vir 5 November nie!!

  • anemarie Strydom

    Sjoe, lyk lekker ! Maar dis darem regtig baie duur ?

    Anemarie

  • Blanche van Niekerk

    Ag nee, nooit in Port Elizabeth nie!!

  • Vinita Gouws

    Nee wat Sarie suster van PE, ek en my man gaan di pad vat Kaap toe!! Hoop net daars nog kaartjies!!

  • Gladys Meyer

    Stem saam dat dit te duur is. Ons afgetrede tannies wat al vir ‘jarre en jarre’ Sarie koop, kan dit nie bekostig nie.

  • Mariana Benson

    Wat van P.E???? SOEK JULLE ook hier asb!

  • Berni

    Port Elizabeth Asseblief! Asseblief! Asseblief!

  • Madeleine du Preez

    Ons is 5 susters wat verspreid oor die land bly. Ons deel almal die liefde om SARIE KOS te koop en deel altyd met mekaar as ons mooi en lekker bakgoed gemaak het. My kleinsus het ons almal opgebel en gehoor wie wil saamgaan. Het 2 keer gedink oor die geld en dadelik besluit ek gaan myself bederf en die geleentheid gun dat ons almal weer kan saamkuier. Ons 5 kan nie wag dat 22 Oktober aanbreek nie. Ons tel al die dae!!

  • Charlaine

    Ek soek die straat adres waar die fees gehou gaan word in Kaapstad. Ek kry niks op die internet van KIKS nie.

  • Marché Walton

    Hi,
    Will net sê dat dit ‘n dag was met ‘n "wow" faktor. Alles was uit die boonste rakke en ons het dit terdee geniet. Will julle net komplimenteer met ‘n uitsonderlike dag. Die bloome was ongelooflik mooi en die kos was uit die boonste rakke. Ons het Nataniël en Terrance geniet en lekker gelag. Die kokke het dit so maklik laat lyk en dit het my weer laat lus word om nuwe resepte te toets.
    Nogmaal dankie vir ‘n wonderlike dag.

  • Cathy de Lange

    Sjoe ek en my sussies was daar die naweek – wat ‘n belewenis!! Elke liewe sent werd. Dankie Sarie en Sarie Kos vir al die bederf, lekker kos, fantastiese kunstenaars….dit was regtig ongelooflik!

  • Reda

    Hallo

    Kan julle dalk vir my indikasie gee van hoelank dit aanhou.

    Groete

  • RUTH POTGIETER

    Sarie Kos 2011 wat ‘n fees, Sarie Kos 2012 Johannesburg wat ‘n teleurstelling. Daar was geen vergelyking nie. Waar was die blomme van verlede jaar, waar was die pragtige getooide kelners wat ons verlede jaar bedien het? Daar was geen diens hierdie jaar nie. Die vermaak was power, in vergelyking met verlede jaar, Bobby sing 2 liedjies en verdwyn. Dink aan al die bekendes wat verlede jaar opgetree het.
    EN WAAR WAS REVLON MET DIE WONDERLIKE GESKENKE en waar was die res van die geskenke?? Die ou tafeltjie met die houtlepels was swak smaak!!! Wat wil ek met Rhodes se’ jampie’ maak? My bediende eet nie Marmelade nie! Dankie vir die Lindt sjokolade en die botteltjie wyn!
    Ek het vriende van Lichtenburg laat kom om dit saam my hierdie jaar WEER te fier. Ek het so skaam gekry om te dink ek het so ‘n vreeslik bohaai gemaak oor SarieKos, dit was regtig ‘n groot teleurstelling!

    Slegste van alles is die prys van die kaartjie bly dieselfde…..

    Sarie Kos 2011 was die beste en 2013 sien my nie in hierdie moeilike tye wat jy jou geld moet omdraai weer nie!!!!

  • Katrien

    Ek en n paar vriendinne was Saterdag by die Sarie kos extravaganza in die Kaap. Ek wil vir Sarie gelukwens op n uitstekende konsep, maar ek moet eerlik wees dit was n baie teleurstellende dag. Om n hele saterdag in n donker saal met baie slegte akoestiek te spandeer is regtig bietjie "depressing". Die akostiek was so sleg dat mens nie die vele talentvolle sangers wat opgetree het kon hoor nie en meeste van die tyd moes ons maar Nataniel se lippe lees om sy grappies te vang. Ons bly in die mooiste Kaap en ons sal veel eerder op n pragtige wynplaas in die heerlike kos wou smul. Ek moet vir Herman Lesing gelukwens op sy heerlike resepte en hy was fantasties op die verhoog! Dit is wonderlik dat daar 1200+ mense was, maar ongelukkig het dit die dag n onpersoonlike gevoel gegee, ek sal eerder voorstel dat dit dan in twee dae opgedeel word om almal te akkommodeer. Dan laastens is 6 ure van sit en eet net bietjie te lank en uitgerek, maar Sarie baie dankie ek kan net dink die organisering en moeite wat in die dag ingegaan het en dit word waardeer.

  • Kimberliet

    Het die dag halfpad deur die verrigtinge geloop – kon niks hoor nie. Klank was ongelooflig sleg!!