010414SFM001&116_OFC&OBC.pdf
Hieroor praat mense

SARIE FOOD: Kos-tydskrif ook nou vir ons Engelse lesers

Goeie nuus vir die Engelse lesers wat mal is oor SARIE KOS. Van nou af gaan SARIE FOOD elke tweede maand saam met SARIE KOS op die rak wees.

SARIE KOS se Engelse lesers dring nou al jare aan op ’n vertaling van dié gewilde en bekroonde kostydskrif. Dié maand word hul wens uiteindelik bewaarheid met die verskyning van SARIE FOOD, die Engelse weergawe, wat vanaf 26 Maart saam met SARIE KOS op die rakke is. SARIE FOOD sal nou ook ses keer per jaar verskyn.

“Toe ons SARIE KOS in 2007 begin het, het ons nooit gedink dat ons mettertyd die tydskrif ook in Engels sou uitgee nie”, sê SARIE-redakteur, Michélle van Breda. “Verlede jaar se spesiale SARIE FOOD-uitgawe, wat 119 SARIE KOS-gunstelinge bevat het, was uiters gewild onder die lesers en het toe ‘n PICA vir die Beste Jaarlikse Tydskrif gewerf. Dít het die idee laat ontstaan vir die publikasie van SARIE FOOD, ‘n vertaling van elke uitgawe van SARIE KOS. Ons is verheug om nou ook vir Engelssprekende kosliefhebbers ’n smakie te gee van moderne Afrikaanse kos en ons manier van saamkuier. Oor SARIE KOS het ons nog altyd gesê: Dié tydskrif gesels kos, en die gesprek laat behoorlik jou mond water. Ons lesers gaan ware kosbederf leer ken  ̶  met geregte so uit die hart!”

Die heerlike feesmaal van kos-fotografie en resepte is verdeel in vyf kategorieë: Stylkos, Tuiskos, Droomkos, My Kos (gesonde fokus) en Ons Kos (kos om die tafel).  Volgens SARIE KOS se kosredakteur, Barbara Joubert, was haar ouma se tuisgebak en kookvernuf die inspirasie vir hierdie uitgawe.

Ouma se kos word met moderne idees opgekikker en lesers word verras met nuwe resepte soos bredies met ’n ekstra tikkie kreatiwiteit, sjokolade-melktert, malvapoeding met pere en snoek-samoesas – in Engels.

Met nog 30 kolwyntjie-resepte (15 soet en 15 sout), vleislose pasteie, basaarpoeding geskik vir diabete en glutenvrye beskuit, kan lesers regstaan vir kombuisskeppings uit die boonste rakke.

SARIE FOOD is vanaf 26 Maart teen R39,90 te koop en sal voortaan saam met elke SARIE KOS-uitgawe op die rakke verskyn.

SARIE FOOD gaan elke tweede maand saam met SARIE KOS op die rakke beskikbaar wees, maar ook op ons digitale platforms – Zinio, Magzter en My Subs.

Jy kan ook maandeliks jou SARIE FOOD in die pos ontvang. Volg een van dié maklike stappe:

1. SKAKEL 087 740 1020

2. E-POS sarie_inteken@media24.com EN ONS KONTAK JOU.

3. SMS SUBS SARIE na 32361 (geen leestekens) EN ONS KONTAK JOU  (’n tarief van R1 per SMS geld)

4. Of klik op MY SUBS en volg die maklike stappe