Hieroor praat mense

SARIE Voorbladgesig se Top-10 … Wie gaan wen?

Ná maande se beplanning, duisende inskrywings en ses episodes, is SARIE Voorbladgesig in die finale pylvak! Vandeesweek begin die redaksiespan die wenner kies. Wie gaan 2017 se wenner en die Oktober-uitgawe se voorbladster wees?

Kyk vanaand om 17:30 op kykNET na Episode 6 om te sien wie is Michelle en die SARIE-span se gunsteling. Die wenner word volgende week Maandag aangekondig in Episode 7! Loer ook in SARIE se September-uitgawe om elke finalis se glansfoto te sien.

 

Hier’s die top-10 se inskrywingsfoto’s. Wie is jóú gunsteling?

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met kykNet, Inoar Professional en Nomination Italy.