Hieroor praat mense

SARIE wen 5 toekennings by die ADvantage ADmag Awards!

Michélle van Breda, SARIE se reeds bekroonde redakteur, is vereer as Tydskrifredakteur van die Jaar.

Nog drie toekennings het gegaan aan SARIE se gewilde handelsnaam-uitbreiding SARIE KOS, wat goud in die Afrikaanse en Leefstyl-kategorie, asook Beste Nuweling ontvang het. Die handelsnaam-uitbreiding SARIE WOON het ’n silwer toekenning ontvang in die kategorie vir Bylaes en Jaartydskrifte.

Dit is die tweede keer dat Michélle van Breda ADmag Awards se Redakteur van die Jaar-titel wen en die beoordelaars, ’n paneel van onder andere mediabeplanners en kliënte, het die volgende oor haar gesê: “Die Redakteur van die Jaar word gekies op grond van wat die redakteur met die handelsnaam en sy uitbreidings gedoen het. Toe SARIE KOS bekend gestel is, het SARIE se ABC nie gedaal nie, maar SARIE KOS het sy eie ABC gekry. Dit het dus geen verkope van SARIE weggeneem nie, maar eerder as ’n losstaande tydskrif gestaan. Om dit in vandag se ekonomiese klimaat te doen is ’n fantastiese prestasie en wys dat die redakteur haar lesers en mark ken.”

Die beoordelaars het gevoel dat SARIE KOS en SARIE WOON uitstekende handelsnaam-uitbreidings van SARIE is omdat hulle dieselfde suksesvolle SARIE-resep volg. Die uitleg, produksie, fotografie en inhoud is voortreflik en die SARIE-span ken hul teikenmark baie goed en voldoen aan hul behoeftes.

SARIE KOS Herfs 2010SARIE WOON 2009

Volgens Liezl de Swardt, uitgewer van Media24 se tydskrif-afdeling woman360, bied die ADvantage ADmag Awards altyd ’n akkurate weerspieëling van dié tydskrifte wat werklik suksesvol is. “Dit is daarom vir ons ’n voorreg om Michélle en twee van SARIE se handelsnaam-uitbreidings onder die wenners te hê. SARIE KOS en SARIE WOON is geskep om die SARIE-handelsnaam uit te brei en om aan lesers meer inhoud te verskaf oor spesifieke onderwerpe. Oor die algemeen ervaar tydskrifte geweldige mededinging en om op grond van soveel verskillende aspekte beoordeel te word en steeds goud en silwer te wen, is ’n reuse-motivering om ons gehalte en trefkrag in die tydskrifmark te behou én vorentoe daarop te verbeter,” sê De Swardt.

Die ADvantage ADmag Awards is gesaghebbende toekennings vir sirkulasie gesertifiseerde verbruikerstydskrifte. SARIE KOS en SARIE WOON is beoordeel op grond van inhoud, produksie-waardes, voorkoms, sirkulasie en advertensie-ondersteuning. SARIE KOS het die pot behoorlik aan die kook met ’n sirkulasiesyfer van 64 628*. Hierdie gewilde kwartaallikse kostydskrif neem tans die voortou in die glans-kostydskrif-arena en bevat ‘n verskeidenheid van resepte wat kosliefhebbers en aspirant-kokke inspireer om die opwindende wêreld van kookkuns, met die bekroonde Barbara Joubert as kosredakteur, te geniet.

SARIE WOON, ’n glans-dekortydskrif wat jaarliks verskyn en vir die eerste keer in November 2009 bekend gestel is, is reeds ’n oornag-sukses by SARIE-lesers. Dié tydskrif bied inspirerende raad en wenke vir jou huis .

SARIE is ’n gereelde wenner by die ADmag Awards. Vanaf 2006 tot 2008 het die tydskrif drie jaar agtereenvolgens goud gewen vir die Beste Vrouetydskrif (24 – 35 jr). In 2002 het die tydskrif ’n driekuns behaal deur die toekennings vir Beste Vrouetydskrif van die Jaar, Beste Verbruikerstydskrif van die Jaar en Beste Redakteur van die Jaar te wen. In 2004 het SARIE silwer verower in die kategorie Beste Vrouetydskrif van die Jaar (24 – 35 jr).

* Bron: ABC Jan-Des ’09

* Kyk ook uit vir SARIE KOS vir Mans – ‘n 1ste vir SA en ‘n kostydskrif spesiaal vir die man wat glo hy’s ‘n Jamie Oliver in die kombuis, maar toegee dat hy kan doen met hulp van ‘n Nigella! Vanaf Woensdag 26 Mei te koop.

* Teken in op SARIE en/of SARIE KOS


  • Karin

    Baie geluk!!!!!!!!!!!! Ek koop al wat ‘n Sarie is. Kos, Woon en Gesond. Dis regtig ‘n tydskryf van uitstaande gehalte en bied boonop goeie waarde vir geld!

  • Karin

    Baie geluk!!!!!!!!!!!! Ek koop al wat ‘n Sarie is. Kos, Woon en Gesond. Dis regtig ‘n tydskryf van uitstaande gehalte en bied boonop goeie waarde vir geld!

  • rZVqsT jtqugsuxtqqo, [url=http://dagmkgiqeebs.com/]dagmkgiqeebs[/url], [link=http://jeqavgahvyon.com/]jeqavgahvyon[/link], http://wxvmxcgcdcpy.com/