FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Hieroor praat mense

#SaveWhatsApp-petisie

Daar is ’n kans dat WhatsApp nie meer verniet gaan wees nie en mense is nou woedend.

Twee van die grootste selfoonmaatskappye, Vodacom en MTN, wil nou WhatsApp en selfs Skype laat reguleer, berig Fin24.

Op 26 Januarie gaan Vodacom en MTN die sitting van die parlement se portefeuljekomitee oor telekommunikasie en posdienste bywoon. Die moontlike regulasies van die dienste gaan bespreek word. Dié selfoonmaatskappye meen sulke dienste veroorsaak dat hulle onnodige verliese lei.

Dit is veral die gratis stemoproepe wat verminderde inkomste veroorsaak. Met WhatsApp en Skype kan jy bel deur net van jou data te gebruik – en as jy op WiFi is, is dié oproepe nie eens vir jou selfoonrekening nie.

#SaveWhatsApp

’n Petisie is deur die webtuiste All4Women opgestel en meer as 11 700 het dit al geteken.

Hulle wil teen die einde van dié week 50 000 handtekeninge hê.

Bronne: Fin24 en All4Women

Lees nou