FOTO Unsplash / Freestock

Hieroor praat mense

Is jou sekslewe normaal? Jy sal verbaas wees!

Dis die een onderwerp waaroor ’n mens nie sommer praat nie: Seks. Wat tussen die lakens gebeur, bly tussen die lakens. Maar het jy ooit gewonder of jou sekslewe “normaal” is? Die Universiteit van Indiana se Kinsey-instituut vir seks, gender en voortplanting het navorsing gedoen oor hoeveel seks mense van verskillende ouderdomsgroepe het.

Medical Daily het die resultate bekend gemaak. Dis geen verrassing nie dat mense tussen die ouderdom van 18 tot 29 die meeste seks het. Hulle het gemiddeld net meer as 2 keer per week, of 112 keer per jaar, seks. Mense tussen 30 en 39 het 1,6 keer per week (of 86 keer per jaar) seks. Vir diegene tussen 40 en 49 is dit 69 keer per jaar.

FOTO Unsplash / Everton Villa

Die getroude lewe speel glo ’n rol in jou sekslewe. Volgens die studie het 34% van getroude paartjies twee tot drie keer per week seks. Die meeste (45%) het ’n paar keer per maand seks, en 13% net ’n paar keer per jaar.

Wil jy weer jou libido wakker maak en jou sekslewe aanvuur? Hier’s 8 maniere hoe.