Helene Meldahl het 'n nuwe manier van selfies-neem gekry
FOTO: Instagram (@mirrorsme)

Helene Meldahl het 'n nuwe manier van selfies-neem gekry FOTO: Instagram (@mirrorsme)

Hieroor praat mense

Selfies soos jy dit nog nooit gesien het nie

Gewoonlik neem vroue (én mans) selfies terwyl hulle in die spieël pruil. Nie dié jong vrou nie – sy het ’n totale nuwe en kreatiewe manier gekry om selfies te neem …

Helene Meldahl, ’n Instagrammer van Washington DC in Amerika, het haar tekentalent en haar selfies gekombineer om kreatiewe en interessante foto’s te skep.

Dis die sketse wat sy op haar spieël teken wat haar selfies so interessant maak. Met dié sketse het sy haarself nou al omskep in onder andere Peter Pan, Mario Bros, Spider-Man, ’n prinses en selfs ’n kolwyntjie. Volgens Huffington Post doen sy dit bloot deur kryte, akrielpenne en enigiets anders wat maklik van haar spieël kan afwas, te gebruik. Lees die volledige artikel hier.

Helene, wat oorspronklik van Noorweë is, sê sy is nog altyd mal daaroor om te teken, berig Huffington Post. “Party mense skryf in ’n dagboek en ander speel tennis. Ek teken op spieëls,” het Helene gesê.

Dié “kuns” het begin toe Helene elke dag ’n prentjie op die spieël geteken het vir haar kamermaat voordat sy die huis verlaat. Eendag het sy ’n selfie geneem en só het Helene se Instagram-profiel begin aandag begin. Vandag het sy al byna 17 000 volgelinge op dié sosiale netwerk.

Hier is nog van Helene se kreatiewe foto’s

AUGustus aug elma smit

 

Maak seker jy lees in SARIE se Augustus-uitgawe alles oor selfies en oor hoekom dit deesdae oral te sien is.

WAT DINK JY? WAT IS JOU GUNSTELING-FOTO? Lewer kommentaar onder dié artikel of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.