5th_avenue
Hieroor praat mense

Shanghai vat ‘n hap uit Apple

Apple het op 10 Julie ‘n splinternuwe winkel in Shanghai oopgemaak. Shanghai, finansieël glansend, is die perfekte ligging vir die winkel. Die rooi gordyne is letterlik verwyder en siedaar … die nuwe Apple-winkel, Pudong. Die “kleinhandelwinkel” se ingang het ‘n opvallende 44 meter hoë silindriese glas-struktuur. Om dinge meer interessant te maak is die winkel
ondergronds!! (Amper identies aan Apple se vlagskip-winkel in 5th avenue New York).

Daar word ongeveer 85 (Wi-Fi gekonnekteerde) Apple Mac’s , 100 iPods en 50 iPhones vertoon, waarmee klante kan rondspeel.

Volgens Ron Johnson, Apple se senior adjunkpresident van kleinhandel, is dit Apple se 295ste handelswinkel, wêreldwyd. Dit stop nie hier nie, volgens Tim Cook, van Apple, beplan die maatskappy om teen 2011 reeds 25 winkels op die vasteland van China te hê.

Terwyl ons nou daaroor praat … Michélle van Breda, SARIE-redakteur, het nou onlangs by DIE Lauders gaan kuier net buite New York in die Hamptons. Michelle spog met ‘n splinternuwe iPad, wat sy as geskenk by die Lauders gekry het.

Michelle se ipad-

Die appel bly &aposn verrasing
Die nuutste Apple  winkel in Shanghai