FOTO: Getty Images / Gallo Images / Gary Houlder

FOTO: Getty Images / Gallo Images / Gary Houlder

Hieroor praat mense

Sit 7 dae verlof in … rus vir 20 dae

Die meeste van ons is reeds vir so paar weke terug in ons besige roetine. En die beste manier om nie té hartseer hieroor te wees nie, is om reeds jou vakansie vir die res van die jaar te beplan. 

As jy drie dae in Maart neem en vier dae in April, kan jy vir 20 dae rus – naweke en vakansiedae ingesluit. Die radiostasie 702 het ook dié idee gehad.

Maart

Vra verlof aan vir 22, 23, 24 Maart. Dan rus jy van 19 – 29 Maart!

200116_20DaeVerlof Maart

April

Vra verlof aan vir 25, 26, 28 en 29 April en rus van 23 April – 3 Mei!

200116_20DaeVerlof April

Sit terug, lees jou SARIE en geniet die rustyd!

SARIE het spesiaal ’n agtergrond vir jou rekenaarskerm gemaak. Kyk net daai vakansiedae in swart gemerk! 

Laai dit 2016_MaartDesktopHIER af. 

 

Kry ook agtergrone vir jou selfoon HIER.