download
Hieroor praat mense

Sit só die Facebook-video’s af wat vanself begin speel

Is jy ook geïrriteerd met die video’s in jou tydlyn op Facebook wat deesdae so vanself begin speel? Hier is raad om te keer dat dit weer gebeur. 

Behalwe dat dit irriterend is, gebruik dit ook nog jou data en kan jou dus onnodig geld kos, berig Indian Express.

Sit só die video’s op Facebook af

  • Gaan na setting op jou Facebook-profiel (net bo die Log-out opsie).
  • Kyk aan die linkerkant na die VIDEO-opsie (heel onder)
  • Nou het jy twee opsies. Die eerste is tussen Standard-definition en High-definition, jy kan dit maar ignoreer. Die tweede opsie is om Auto-play af te skakel: kies Off  in plaas van Default en daar is die irritasie uit jou lewe!