1st for Women Sisters with Blisters protest walk with Jacaranda FM
Hieroor praat mense

Sit jou beste voet voor teen mishandeling met 1st for Women Sisters with Blisters protes-pretloop

Die jaarlikse 1st for Women Sisters with Blisters-protespretloop, een van die grootstes in sy soort, vind vanjaar by die Chris Saunders-park in Umhlanga en Montecasino in Fourways plaas. Dit het al ’n instelling geword dat die meeste van die deelnemers in hoëhakskoene deelneem.

Dit skep nie alleen bewustheid oor die kommerwekkende hoë syfers van vroue- en kindermishandeling in Suid-Afrika nie, maar spoor ook slagoffers, dié wat slagoffers ken en die wyer publiek aan om oor te gaan tot aksie daarteen. Die pretloop samel broodnodige fondse in vir organisasies wat aktief met mishandelde vroue en kinders werk, daarom is dit ’n hartsaak – een waaraan duisende mense deelneem.

4 Generations

Waarom is dit belangrik?

• 1 uit 4 Suid-Afrikaanse vroue ervaar huishoudelike geweld, volgens die departement van justisie.
• In 2014/2015 was daar sowat 563 841 seksuele oortredinge, maar net 62 649 is aangemeld. Net 8 174 sake is in die hof verhoor en slegs 1% aangeklaagdes het tronk toe gegaan vir hul misdade.
• Buiten die geweldige sielkundige uitwerking op vroue en kinders, kos huishoudelike geweld die land ook jaarliks tussen R28,4 en R42,4 biljoen.

“Meer moet gedoen word om dié onreg aan te spreek. Elke saak van vrouemishandeling is een saak te veel. Te veel vroue verduur dit in stilte en dis ons almal se verantwoordelikheid om iets daaraan te doen,” sê Casey Rousseau van 1st for Women Insurance. Die 1st for Women Foundation het tot op hede al R49 miljoen ingesamel om geweld teen vroue te beveg.

Men in Heels

Neem deel aan 1st for Women Sisters with Blisters-protespretloop op 20 November 2016 in Durban en op 26 November 2016 in Johannesburg.

Klik HIER vir meer inligting.

Carolyn Steyn, Robyn Farrell, Kevin Fine, Josina Machel, Zelda La Grange en Giuseppe Plumari FOTO: Steyn City

Carolyn Steyn, Robyn Farrell, Kevin Fine, Josina Machel, Zelda La Grange en Giuseppe Plumari FOTO: Steyn City