_MNP9850
Hieroor praat mense

Sit jou beste voet voor teen mishandeling met Sisters With Blisters

[Persverklaring]

Op 21 November 2015 sal duisende dames en manne, insluitend die Adjunk-minister van Sosiale Ontwikkeling, Mev. Hendrietta Bogopane-Zulu, kragte saamspan by Steyn City Lifestyle Resort in Fourways vir die 10de jaarlikse 1st for Women Sisters with Blisters protes-pretloop met Jacaranda FM.

Dié pretloop vir ‘n goeie doel lok jaarliks meer as 5000 deelnemers en merk die begin van die ‘16 Dae van Aktivisme teen geweld teen vroue en kinders’-veldtog. Dit het ten doel om Gauteng met eenheid stelling te laat inneem teen die mishandeling van vroue en kinders.

131123_Sisters_with_Blisters_0283

Robyn Farrell, Uitvoerende Hoof van 1st for Women Insurance, sê: “Die tema van Sisters with Blisters 2015 is ‘Heel to Heal’ en, hoewel ons nie van alle deelnemers verwag om in hoë hakke te stap nie, verwag ons wel om genesing in baie lewens te bring omdat fondse wat deur Sisters with Blisters ingesamel word aan Women and Men against Child Abuse en die Departement van Sosiale Ontwikkeling se White Door Centre of Hope toegeken sal word. Ons hoop ook dat ons, deur Sisters with Blisters, diegene wat deur geslagsgebaseerde geweld geaffekteer word kan inspireer om hulp te kry. Ons wil aan vroue die selfvertroue gee om hulle lewens ten goede te verander.”

131123_Sisters_with_Blisters_0752

“Sisters with Blisters skep bewustheid rondom ‘n ernstige sosiale kwelpunt. Dit gee aan mans, vroue en kinders die vertroue om op te staan, hul stemme te laat hoor en hulle situasie op ‘n positiewe manier te verander. As stasie is ons baie trots op hierdie inisiatief en moedig ons mense aan om hul stories te vertel. Dis juis die rede dat ons ons eie Cassy Clarke gekies het om haar storie te deel, sodat sy hopelik ander kan inspireer om hulle s’n met vertroue te vertel en hul omstandighede te verander,” sê Kevin Fine, Algemene Bestuurder van Jacaranda FM.

Registrasie vir Sisters with Blisters 2015 het op 17 Oktober 2015 geopen. Kaartjies is beskikbaar by www.jacarandafm.com.

Datum: Saterdag, 21 November 2015

Tyd: 08h00

Plek: Steyn City Lifestyle Resort in Fourways, Johannesburg

SWB