Hieroor praat mense

Illustrasies van Afrikaanse woorde word wêreldwyd gekyk

Wat kry jy wanneer Afrikaanse woorde direk in Engels vertaal word? Dié skattige illustrasies van die plaaslike kunstenaar Robyn O wat op Bored Panda te sien is.

“Ek is só opgewonde! Ek is in kennis gestel dat die sketse wat ek op Bored Panda geplaas het, op dié webtuiste se tuisblad verskyn. Baie dankie vir jul ondersteuning!” het sy op haar Facebook-blad geskryf.

FOTO: Facebook  ThePixelchik

FOTO: Facebook ThePixelchik

Robyn verduidelik op dié gewilde webtuiste dat ons land se kleurryke milieu haar kunswerke ïnspireer: “Ek woon in Suid-Afrika en een van die tale wat die meeste gepraat word (uit die 11 amptelike tale) is Afrikaans. Dit is ’n wonderlike taal met interessante woorde … Hier is ’n paar Afrikaanse woorde wat iets heeltemal anders beteken as dit direk vertaal word.”

Minstens 11 000 mense het dié illustrasies op Bored Panda gesien, en dit is ook op verskeie ander platforms gedeel.

Hier is nóg van haar sketse

Bron: Bored Panda 

Lees ook