FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Hieroor praat mense

Skeer: bedank die Egiptenare en Alexander die Grote

Dis eintlik alles die ou Egiptenare en Alexander die Grote se skuld dat ons vandag skeer!

Die Egiptenare was glo obsessief oor higiëne en het verkies dat hul koppe kaal geskeer word. En volgens Gizmodo het Alexander die Grote sy soldate aangemoedig om te skeer, waarna dit gou mode geword het.

Lees die volledige storie oor die geskiedenis van skeer op Gizmodo.

Vandag maak tegnologie dit gelukkig beter en makliker. Dit kan deesdae nogal ʼn plesier wees om te skeer.

Skeermesse en lemmetjies het deur die jare baie verander en verbeter. Schick was byvoorbeeld die eerste skeermesvervaardiger wat ’n bevogtigerstrook op die lem gesit het. Dis juis dié strook en die manier waarop die nuwe Schick Hydro 5 skeer, wat dit goed maak. Hulle fokus op velsorg terwyl jy skeer.

Maar kyk, dis flippen irriterend om te skeer. Meer as 25 000 hare, vir party ouens so hard soos koperdraad, wat tussen 125 mm en 150 mm per jaar groei.

Die moderne man bestee gemiddeld meer as 3 000 ure van sy lewe daaraan om baard te skeer, berig The Mirror. Ek dink as die Egiptenare die prys van skeermeslemme moes betaal soos wat ons vandag moet doen, sou hulle die trend laat verbygaan het.

Maar volgens Observer is die baard hier om te bly. Vatso, Egiptenare!

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Ons moet net begin gebruik maak van die klip en skulpe wat tot ons beskikking is. Dit is wat hulle glo in die Steentydperk gebruik het om te skeer, berig Gizmodo.

Maar dan, wat van ons mooi baarde? Ironies genoeg is dit juis die hoë prys van skeermesse wat hipsters en trendsetters gedeeltelik laat besluit het om op te hou skeer. The Huffington Post glo ook nie die trend is verby nie. Die styl van baarde sal net van tyd tot tyd verander. Op die oomblik is ‘n kort stoppelbaard (stubble) hoogmode, maar die lang hipster- of houtkappersbaard is steeds in.

Of jy ʼn baard dra of nie, groot of klein, maak nie saak nie. Die meeste ouens moet steeds skeer, op die nek of op die wang. Hoe jy skeer en waarmee jy skeer, maak die verskil tussen vars en skoon vel aan die een kant teenoor ingroeibaard en ’n branderige, seer vel. Hier is ʼn paar wenke.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Skeer saam met die grein, daar is nie een manier van skeer nie. Lees jou baard en kyk in watter rigting dit groei. Dit is die beste manier om ingroeihare te voorkom. As jy klaar ingroeibaard het, moet jy dit laat uittrek (tweeze). Eina – sterkte daarmee! Gebruik ook liewer weggooi-skeermesse. Gebruik dit ’n maksimum van vyf keer en gooi dit dan weg. As jy jou skeermes se kop in skeerolie bêre, verleng dit die raklewe van die lemmetjies. Jy kan skeerolie ook gebruik soos wat jy ’n naskeermiddel sal gebruik.

– Fanie Cronjé is SARIE se eie baardkenner