Hieroor praat mense

Skoenbokse vir liefdadigheid

Maak ’n kind se Kersfeesdroom waar dié Oktober.

Die Santa Shoebox-projek maak jaarliks kinders se harte bly wanneer hulle ’n skoenboks vol geskenke van goedhartige mense kry. En vanjaar maak Good Hope FM se “The Little Elves’ Pop Up Shop” in die Canal Walk-winkelsentrum dit baie makliker vir diegene wat graag aan dié projek wil deelneem.

Al wat jy moet doen is om aanlyn te registreer en dan ’n skoenboks pak wat tydens Kersfees aan minderbevoorregte kinders uitgedeel word. Die bokse bevat gewoonlik items soos seep, tandepasta en ’n klein speelding.

“The Little Elves’ Pop Up Shop” in samewerking met Pick ‘n Pay het alles wat jy nodig het om jou skoenboks mee te vul. Dié winkel is nog tot 26 Oktober 2014 in Canal Walk se Centre Court.

SSB_7Oct14

Vir meer inligting oor hierdie projek klik HIER.