Clarins
Hieroor praat mense

Skryf nou in vir Clarins Most Dynamic Woman-toekenning

Ken jy iemand besonders wat haar tyd opoffer om kinders in nood te help?

Baie van ons droom daarvan om behoeftige kinders te help en hul lewe beter te maak. Maar min van ons dóén iets.

Clarins, SARIE, FAIRLADY en TRUE LOVE snoer weer eens kragte saam om ’n uitsonderlike SA vrou te vind wat wel haar tyd en liefde gee om die lewe van benadeelde kinders te help verbeter.

Ken jy so ’n vrou wat ’n verskil maak in haar gemeenskap? Vertel ons van haar. As ons haar storie kies, sal sy altesame R200 000 ontvang waarmee sy haar wonderlike werk kan voortsit.

HOE BENOEM EK IEMAND?

Gaan na SARIE.com en vertel ons meer oor die vrou. Sy moet ’n SA burger wees en instem tot die benoeming. Sit uiteen hoe die prysgeld van R200 000 (R150 000 in die wenjaar en R50 000 die daaropvolgende jaar) gebruik sal word om die kinders wat sy help se lewe te verbeter.

Sluitingsdatum vir benoemings is 11 September 2015

Skryf HIER in!

PROJEK GEE WAARDIGHEID

Sedert Sue Barnes van Project Dignity as die 2013 Clarins Most Dynamic Woman aangewys is, het haar projek selfs meer momentum gekry.

DSC_0264

Sue Barnes, wenner van 2013 se Most Dynamic Woman-toekenning, by dr. Olivier Courtin-Clarins, besturende direkteur van Clarins.

Dié projek help jong tienermeisies wat soms nie kan skool toe gaan wanneer hulle menstrueer nie, omdat hulle nie geld het vir sanitêre doekies nie. Sue het vyf jaar gelede ’n spesiale broekie met ’n aanknip- sanitêre doekie ontwerp wat wasbaar en herbruikbaar is. Sedert sy die prysgeld in 2014 van Clarins ontvang het, is 8 000 pakkies met ’n broekie en twee sanitêre doekies uitgedeel, en teen Maart 2016 behoort nog 8 000 gereed te wees om uitgedeel te word. Tot op hede is altesame 39 000 pakke al versprei.

Sue het reeds oor die hele Suid-Afrika gereis met dié projek en sy hou ook inligtingsessies oor puberteit en persoonlike higiëne.

“Dit is eintlik skokkend om te besef hoe groot die nood is, en oral waar ons gaan, maak ons ’n verskil in dié jong meisies se lewens. Hulle hoef nie meer by die huis te bly wanneer hulle menstrueer nie, maar kan steeds skoolgaan en ’n opvoeding kry. Dit laat hulle besef hulle is vry om hul eie besluite te neem.”

Vir meer oor Project Dignity en om ’n geldelike bydrae te maak, besoek www.subzpads.co.za.

Het jy geweet?

’n Simbool van lewenskragtigheid en vrygewigheid – Clarins Eau Dynamisante is reeds die afgelope 18 jaar sinoniem met die wedstryd. Dis die eerste keer in Frankryk gehou en vandag is daar meer as 60 Dynamic Women in 13 lande en het duisende kinders wêreldwyd die vooruitsig op ’n beter toekoms.