FOTO Unsplash / nomao saeki

FOTO Unsplash / nomao saeki

Hieroor praat mense

Só slaap die wêreld

Jy kan nou jou land blameer vir jou slaappatroon! ’n Onlangse studie aan die Universiteit van Michigan in die VSA het bevind dat lande se slaappatrone van mekaar verskil.

In 2014 het wetenskaplikes, wat die einste studie behartig het, ’n app bekend gestel om reisigers met vlugvoosheid (jet lag) te help. Met die app Entrain kon verbruikers ook hul slaappatrone in ’n databasis laat opneem. Vir twee jaar kon dié wetenskaplikes die magdom data analiseer. Hul bevindings is onlangs in die wetenskapjoernaal Science Advances gepubliseer.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Twintig lande se slaappatrone is ontleed. Nederlanders slaap die meeste, met 8 uur en 17 minute per dag. Dis ’n uur langer as mense in Japan of Singapoer, wat die minste slaap. Die Britte en Australiërs slaap weer ’n gemiddeld van agt uur.

Die app het ook bepaal dat vroue-verbruikers tussen die ouderdom van 30 en 60 jaar  ’n hele 30 minute langer slaap as die mans-verbruikers.

Bronne: BBC, Science Advances