always
Hieroor praat mense

VIDEO: Só breek jong meisies stereotipes af

Always het ʼn video met die tema “onstuitbaar” gemaak om tienermeisies se selfvertroue ʼn hupstoot te gee.

Die video vra ʼn paar jong meisies hoeveel keer daar al aan hulle gevra is om nie iets te doen nie, omdat dit nie ʼn meisie betaam nie. Al die meisies antwoord dat dit al “baie” met hulle gebeur het.

Hulle word ook gevra om name wat hulle al in die verlede genoem is op bokse te skryf. Die meisies kry dan die geleentheid om die bokse waarop die beledigings geskryf is te vernietig. Só breek die meisies (letterlik en figuurlik) stereotipes rondom meisie-wees af.

Dié video is gister bekend gestel en is reeds meer as 2 miljoen keer gekyk.