FOTO Unsplash / Henri Meilhac

FOTO Unsplash / Henri Meilhac

Hieroor praat mense

Soen meer – dis gesond!

Soen is een van die wonderlikste goed vir jou gesondheid, reken dr. Elna McIntosh, seksterapeut van Johannesburg.

Dit skei serotonien af, ’n goedvoelhormoon wat ook afgeskei word as jy oefening doen en eet!

“Dit is dié intiemste ding wat jy kan doen. As mense ophou om te soen, weet ek hulle het verhoudingsprobleme. Hulle het dikwels nog seks, maar hulle soen nie meer nie. Dan is daar fout. Dis immers die eerste ding wat ons doen as ons begin uitgaan. ’n Wonderlike iets wat soveel ander kanale van ontdekking oopmaak,” vertel sy.

Dat soen goed is vir verhoudings, word nou wetenskaplike gestaaf. So skryf Sheril Kirshenbaum in haar boek The Science of Kissing: What Our Lips Are Telling Us. Sowat 59% van mans en 66% van vroue het trouens hul maats gelos omdat die ander een ’n swak soener is!

FOTO Unsplash / Joao Silas

FOTO Unsplash / Joao Silas

Mense onthou glo hul eerste soen veel beter as die eerste keer dat hulle seks gehad het. Die sielkundige John Bohannon van die Butler University in Amerika het trouens bevind die meeste van ons kan sowat 90 persent van ons eerste romantiese soen onthou. Terloops, mans wat hul vroue soen voor hul werk toe gaan, leef vyf jaar langer, maak 20 tot 30 persent meer geld en is minder geneig om in motorongelukke te wees as dié wat dit nie doen nie.

Hoekom soen ons? Navorsing wys ons soen hoofsaaklik om ons te help om ’n geskikte maat te soek. Die uitruil van verskillende liggaamsappe en reuke prikkel onbewustelik snellers wat ons vertel of ons by iemand pas. Lees meer by die British Council.

FOTO Unsplash / Sardegna

FOTO Unsplash / Sardegna

Het jy geweet?

• Soen is belangriker vir vroue as vir mans.

• Wanneer vroue soen, is hulle baie bewus van mans se tande en mondhigiëne.

• Mans is meer geneig om soen te sien as voorspel tot seks.

As jy wil hê mans moet dink jy is ’n sensasionele soener, maak jou mond groter oop, gebruik jou tong meer aggressief en inisieer dit gereeld. Mans, “luister” na wat sy wil hê, en moet nie jou tong in haar keel af forseer nie. En onthou, die meeste vroue verkies dit om ’n geskeerde man te soen. Vroue hou ook daarvan dat mans hulle op verskillende plekke (in die nek, agter die ore, op die voorkop) soen.

Daar het jy dit, die ABC van soen! En onthou, dit help as albei goed lyk. Die by word immers aangetrek deur mooi blomme …

FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Lees nou

Vierbeen-verslanker van die jaar!

Ma verloor baba en skenk melk

Swembroek vir elke figuur