Stacy-Lynn Rangasamy
Foto: Bronwyn Lloyd

Stacy-Lynn Rangasamy Foto: Bronwyn Lloyd

Hieroor praat mense

Stacy-Lynn Rangasamy maak seker almal hou sáám matriekafskeid

Stacy-Lynn Rangasamy is ’n jongmeisie van Retreat met ’n hart van goud. Sy het ’n groot passie om ander te help en vir hulle die lewe bietjie makliker te maak waar sy kan. 

_G4B4678-1-1

Stacy-Lynn Rangasamy FOTO: Bronwyn Lloyd

Sy het deur haar hele matriekjaar verskeie fondsinsamelingsprojekte begin en borge ingewin om te verseker dat almal in haar graad die matriekafskeid van hul drome kon hê. (Party leerders kon in 2014 weens finansiële redes nie.)

“Ek het my aan die begin van die jaar voorgeneem om planne te maak sodat ons hele graad sáám matriekafskeid kan hou,” vertel Stacy ná sy haar suksesvol van dié taak gekwyt het.

“Gr.12-leerders kon aansoek doen om deel te wees van die projek indien hulle ouers nie vir hulle rokke of pakke kon bekostig nie. Een van ons onderwysers by Hoërskool Zwaanswyk, Me. Schoeman en ’n lid van die gemeenskap Mr Z. Meyer, het gehelp om die kandidate te kies.”

_G4B4680

Stacy-Lynn Rangasamy FOTO: Bronwyn Lloyd

Drie meisies en een seun het op 2 Oktober vanjaar geskitter by hul matriekafskeid te danke aan Stacy se projek en harde werk. Hul rokke is spesiaal ontwerp en hul hare en grimering is professioneel vir die geleentheid laat doen. “Hulle het almal baie mooi gelyk en hulle het die aand baie geniet,” vertel Stacy. “Ons het lekker gekuier en gedans – dit was ’n baie spesiale aand.”

Selfs hul wyksraadslid, Kevin Southgate, het vir Stacy persoonlik bedank vir haar goeie werk in die gemeenskap. “Dit was baie spesiaal. Dis nie elke dag dat ’n belangrike persoon jou in ’n toespraak bedank nie,” vertel Stacy.

Om binnekort klaar te wees met skool is vir Stacy bittersoet. “Ek was mal oor skool. My matriekjaar was beslis die hoogtepunt van my skoolloopbaan,” vertel sy. Soveel so dat sy Hoërskool Zwaanswyk se embleem op die moue van haar matriekafskeidrok laat borduur het!

Volgende jaar beplan Stacy om menslikehulpbronbestuur te studeer. Maar haar studies sal haar nie keer om steeds vir ander iets te doen nie. “Ek het reeds ’n hele paar idees vir projekte in 2016, en mense kan my kontak indien hulle liefdadigheidsprojekte het waarby ek kan betrokke raak.”

Borge wat gehelp het met Stacy se Matriekafskeid-projek:

Fabric City
Lucille Richards Exclusive Boutique
Shoelettes Brands
Dr. M. Skriker
Aanklaers Renée & Kepler Uys
William & Jean Prinsloo
Cindy’s Embroiders
Lucy & Reeva’s Hair Salon
Capstone Technologies
Grimeerkunstenaars Amy & Leigh-Anne

Laai HIER die Desember-uitgawe van SARIE af en om die artikel “Ons jeug gee om” op bl. 70 te lees.

DES