Hieroor praat mense

Stem vir jou gunstelingpaartjie en staan ‘n kans om te wen!

Uiteindelik! Hier is ons vyf gunstelingpaartjies wat ingeskryf het in die SARIE/LUX Spark-wedstryd. Nou is dit jou beurt om te stem. 

Ontmoet die paartjies wat ons werklik geïnspireer het en klik hier om vir jou gunsteling te stem. Jy sal nie net een paartjie help om te wen nie, maar vyf gelukkige lesers kan ook ’n bederf-geskenkpak van LUX wen.

Anne-Louise en Neil

“Van ons wenresepte: ’n Onverwagte soen elke nou en dan. Om tandepasta op die ander een se tandeborsel te sit as jy eerste in die badkamer kom. Om hom soms met koffie en ontbyt in die bed te verras.”

Anne-Louise en Neil lux glanspaar

Klik hierom vir Anne-Louise en Niel te stem.

Hannelie en Danie

“Die kort antwoord: Ons reis saam. Ons het respek vir mekaar en glo aan goeie maniere – alles wat jy met jou beste vriend sal doen: dankie en asseblief sê, om nie op mekaar te skree nie en te vra voor jy iets doen.”

Hannelie en Danie lux glanspaar

Klik hierom vir Hannelie en Danie te stem.

Hope en Andrew

“’n Vinnige soentjie of drukkie wanneer ons in die huis by mekaar verbyloop of wanneer ek in die kombuis besig is. Daar is nie altyd tyd vir weggaan nie, maar om see toe te ry en te gesels is priceless.

Hope en andrew lux glanspaar

Klik hierom vir Hope en Andrew te stem.

Carmen en Jacques

“Ons deel hoe ons voel op elke moontlike manier: of dit nou ‘môre, my lief’ soggens saam met sy eerste vlindersoentjie of ’n ‘xxx’ teks terwyl hy in die verkeer sit is. As ek dink sy jeans sit ekstra sexy, teks ek dit vir hom! By partytjies irriteer ons ons vriende want ons het net oë vir mekaar!”

carmen en Jacques lux glanspaar

Klik hierom vir Carmen en Jacques te stem.

Martiné en Carlo

“My man is ’n skaapboer en op sy mooiste as hy na ’n harde dag se werk vol stof die huis binnestap en my soen asof hy my jare laas gesien het. Ons stoep is waar ons bitter lekker two-step op ’n Vrydagaand. Hy laat my elke dag skater van die lag en ‘aaaw’ sê met ’n mooi kompliment.”

Marine en carlo lux glanspaar

Klik hierom vir Martiné en Carlo te stem.

Jy gaan nie net een van dié paartjies help om te wen nie, jy kan ook een van vyf bederf-geskenkpakke met seep, lyfwasmiddels, ’n badhanddoek, kamerjas en pantoffels, onderklere-sakkie, spons en handspieëltjie van LUX wen.

Onthou, die stemme sluit om 12:00 op 19 September 2014. Tien stemme per persoon word toegelaat. Die beoordelaars se beslissing is finaal en die paartjie met die meeste stemme sal einde September 2014 in kennis gestel word.

Klik hier om te stem!