FOTO Twitter / @lewispugh

FOTO Twitter / @lewispugh

Hieroor praat mense

Lewis Pugh kniediep in vullis

En SA se ysbeer doen sy deel! Iets baie spesiaals het by Versova, ’n erg besoedelde strand in Moembai, Indië, gebeur. Lewis Pugh, ysbeer in menslike gedaante en kampvegter vir ons oseane, is kniediep in die vullis om te help skoonmaak. 

’n See van gemors, sover die oog kan sien. “Ek het nog nooit so iets gesien nie. Môre begin ons opruim en gaan nie stop voor die strand skoon is nie,” twiet hy op Vrydag 5 Augustus.

 

Die groot skoonmaak het 43 weke gelede begin. En Saterdag het die “skoonmaak van Versova” inderdaad ’n crescendo bereik. Sowat 500 vrywilligers, waaronder Bollywood-glanspersoonlikhede, Verenigde Nasies-amptenare, inwoners en natuurlik onse Lewis, het ’n paar ton vullis op die 2,5 km lange strand opgeruim.

SARIE.com het op 24 Mei berig dat Lewis ’n rugoperasie ondergaan het wat hom ses weke lank aan die bed sou kluister. Maar Saterdag was hy oënskynlik weer perdfris. “Rug nou baie beter,” twiet onse Lewis kripties terug.

Lees nou

Nataniël: Die verhoog genees my pyne en moegheid

5 redes waarom jy fluweel moet kies