sr1105mannetjies_11_
Hieroor praat mense

Wen kaartjies na Stuur Groete aan Mannetjies Roux

Stuur groete aan Mannetjies Roux is ’n musiekblyspel gebaseer op Laurika Rauch se gelyknamige treffer van die jare negentig.

Laurika se man, Christopher Torr, wat die liedjie geskryf het, het ook die musiekblyspel geskryf.
SARIE is die mediatydskrifvennoot.

Dit speel af in die Karoo en bevat ook ander treffers van Laurika soos “Toemaar die donker man”, “Op Blouberg se strand”, “Die Gang” en “My ou tante Koba”.

Die storielyn is geweef om ’n skoolkind, Engela, wat haar oom en tante op ’n Karooplaas besoek. Dit neem haar op ’n reis van wie sy is en waar sy vandaan kom. Jy leer ook die eksentrieke oom Frans (Deon Lotz) en tante Koba (Isadora Verwey) ken. Dan is daar die vreemdeling Toemaar (Elton Landrew) wat die intrige verdiep. Laurika speel die rol van die verteller, Engela, en Elizca Coetzer (van High School Musical-faam) is die jong Engela.

Johan Badenhorst van die TV reisprogram Voetspore is die vervaardiger.

 

  • Jurie jurgens

    Hoop Port Elizabeth word ook een of ander tyd ingesluit in die program.

  • Benita

    Halo Laurika, Jy is my superduperheldin. Het byna al jou cd’s en geniet jou musiek sooooo baie. Ek het ‘n bussie. Ek gaan beslis 8 van my pelle inpak en na die show kom kyk. Hoop ons kry plek. Sien baie uit daarna. Karmi Marais van die groepie La diva is my niggie, en praat ook net met groot lofvan jou. Hoe anders??
    Dankie dat jy ‘n lady is en altyd sooo mooi afrikaanspraat.
    Liefvirjou
    Benita

  • LOUISE

    BESTE LAURIKA RAUCH, IN PINELANDS GEDURENDE 1955 TOT 1957 WAS ONS SAAM IN DIESELFDE GEMEENTE VAN MY PA, KALIE HEESE. EK ONTHOU JOU AS ‘N KLEIN DOGTERTJIE WAT SAAM MET JOU OUERS GEREELD IN DIE KERK EN SONDAGSKOOL WAS.OP DAARDIE TYDSTIP WAS EK IN ST. 9 & 10 BY JAN VAN RIEBEECK.
    MY VERSOEK AAN JOU IS OF DIT NIE MOONTLIK IS OM DIE LIEDJIES IN DIE MUSIEKBLYSPEL STUUR GROETE AAN MANNETJIES ROUX ‘N DIE PROGRAM TE PLAAS NIE? EK WAS ALREEDS AS KIND HARDHOREND, MAAR NOU KAN EK WEL DIE MUSIEK DUIDELIK HOOR, MAAR NIE DIE WOORDE UIT MAAK NIE.ONS KOM NA DIE MUSIEKBLYSPEL BY KUNSTEKAAP OP SATERDAG 25 JUNIE 2011 OM 3 NM.EK WIL SO GRAAG AL DIE WOORDE VOLG, DAAROM BOGENOEMDE VERSOEK.
    OOK VIR MANNETJIES EN SY VROU CHARLOTTE HET EK ONTMOET TOE EK GEDURENDE 196364 TE PRIESKA AS MAATSKAPLIKE WERKSTER GEWERK HET. ONS GROEP JONGMENSE HET EEN SATERDAGAAND BY HULLE OP DIE PLAAS GAAN VLEISBRAAI.
    BAIE DANKIE DAT JY NA MY GELUISTER HET. EK HOOP MY VERSOEK SAL MOONTLIK WEES OM UIT TE VOER
    LOUISE BREYTENBACH ( HEESE )

  • Thomas

    Wat is dit geniaal! Ik zou willen dat Laurika met haar show ook naar Nederland zou komen!

  • Teleurgesteld!

    So Teleurgesteld!!!! Die storie lyn is so oppervlakkig en kan in ‘n Laerskool saal opgevoer word. Laurika sing seker maksimum 4 snitte. Die publiek is mislei, ek sien dit as bedrog. Mannetjies Roux se naam word gebruik om veral die ouer garde te lok – Pateties. Ek hoop Laurika het genoeg geld gemaak aangesien die sale volgepak is, minweetent weet die publiek wat vir hulle wag. NOOIT weer sal ek ‘n cd van haar koop nie. Jy het ‘n groot aanhanger verloor.

  • Dina jansen

    EK HOOP DIT KOM PRETORIA STAATS THEARE

  • Hartseer

    Ons het baie opgewonde opgedaag by die vertoning en ons het woedend die vertoning verlaat. Dis is die swakste musiekblyspel wat nog gedoen is. Om ‘n cd verniet na die tyd uit te gee aan almal troos seker Laurika se gewete, maar steeds het sy ons geld gevat en ons tyd gemors. Tipies Suid-Afrikaans – ry op bekende name soos Mannetjies Roux en dan maak jy ‘n gemors van die res. SWAK!