S3VYtUY
Hieroor praat mense

Suid-Afrika vier Jeugdag

Vandag vier ons Jeugdag. Honderde liefdadigheidsorganisasies en Suid-Afrikaners vat vandag hande om jongmense, die leiers van die toekoms, toe te rus vir hul pad vorentoe.

Dit maak ons opgewonde om te sien hoeveel wonderlike werk gedoen word vir die jeug. Want nes die wenner van die Nobelprys vir vrede in 2014, Malala Yousafzai, wat slegs 17 jaar oud is, het jongmense die potensiaal om groot dinge te vermag. Malala het ‘n simbool van vrede en geregtigheid geword ná sy as 15-jarige in Pakistan deur die Taliban geskiet is toe sy geteiken is as ‘n aktivis vir vroueregte. 

Hier is ’n organisasie wat die jong meisies van Suid-Afrika ophef en inspireer tot hoër hoogtes.

MEDO (Meta Economic Development Organisation) is ’n onafhanklike maatskappy wat mense met ’n verskeidenheid vaardighede toerus om die Suid-Afrikaanse ekonomie te versterk. Dié maatskappy het vasgestel dat daar ’n tekort is aan tegniese vaardighede wat nodig is om suksesvolle Suid-Afrikaanse ondernemings te begin. Hierdie probleem kan grootliks toegeskryf word aan kinders – veral meisies – wat nie meer in loopbane in “STEM” (Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde) belangstel nie.

MEDO stel daarom die “STEM”-program bekend om die keuse van wiskunde en wetenskap as hoërskoolvakke onder jong vroue te bevorder. Die hoogtepunt van dié inisiatief is dat dieselfde jong vroue wat aan die “STEM”-program deelneem, betrokke gaan wees by die ontwerp, bou en programmering van die klein satelliet MEDOsat1 wat middel 2016 gelanseer sal word.

Die “STEM”-program word op 16 Junie 2015 (Jeugdag) met ’n interaktiewe werksessie aan skoolmeisies bekend gestel.

Lees meer oor vandag se vieringe HIER.

Lees ook