Panayiotis word verveer vir sy huldedaad
FOTO: JS China

Panayiotis word verveer vir sy huldedaad FOTO: JS China

Hieroor praat mense

Suid-Afrikaanse pa die held by Olimpiese Jeugspele in China

Die Suid-Afrikaner Panayiotis Stais is die held by die Olimpiese Jeugspele in Nanjing, China, toe hy ’n plaaslike meisie se lewe gered het, berig JS China.

Panayiotis Stais en sy vrou is na China om hul dogter Lexi Stais te ondersteun wat aan die Olimpiese Jeugspele deelneem. Maar toe hulle die afgelope Sondag middagete by ’n plaaslike restaurant eet, het Panayiotis gesien hoe ’n vrou in die Qinhuai-rivier sukkel om te swem. Hy het dadelik sy sokkies en skoene uitgetrek en ingespring.

Panayiotis en die vrou se kêrel trek haar uit die water FOTO: Facebook

Panayiotis en die vrou se kêrel trek haar uit die water
FOTO: Facebook

Sekere webtuistes beweer dat die vrou haarself wou verdrink, maar die vrou se vriend was op die kaai en het gehelp om haar uit die water te trek. Panayiotis, wat eens ’n lewensredder was, se heldedaad het die Chinese koerante gehaal.

Plaaslike koerante in China het na Panayiotis gesoek sodat hy vereer kon word

Plaaslike koerante in China het na Panayiotis gesoek sodat hy vereer kon word

Hy is later deur die Qinhuai-distrik se veiligheids-buro vereer. Maar hy het aan die Chinese media gesê dat hy dit nie as ’n buitengewone daad beskou nie en dat hy seker is enigiemand sal dieselfde doen.

Panayiotis word verveer vir sy huldedaad FOTO: JS China

Lexi, ‘n Chinese amptenaar, Panayiotis en sy vrou tydens die perskonferensie waar Panayiotis vereer is vir sy heldedaad
FOTO: JS China

Sy dogter, Lexi (18), verteenwoordig Suid-Afrika in ruiterkuns by dié Spele.

Lexi en haar perd Dom in China by die Olimpiese Jeugspele

Lexi en haar perd Dom in China by die Olimpiese Jeugspele

Bronne: JS China, iAfrica