FOTO: Instagram / @eclipsedbway

FOTO: Instagram / @eclipsedbway

Het jy gehoor?

Suid-Afrikaanse regisseur vir Tony benoem

Die Kaapse boorling Liesl Tommy is vir ’n gesogte Tony-teatertoekenning benoem.

Sy het die regie behartig van die Broadway-treffer Eclipsed met Oscar-wenner Lupita Nyong’o.

Op 15 het sy saam met haar gesin van Kaapstad na Boston, Amerika, verhuis.

FOTO: Instagram / @eclipsedbway

FOTO: Instagram / @eclipsedbway

Eclipsed het geskiedenis gemaak as die eerste Broadway-toneelstuk met net swart vroue in die kreatiewe span – regisseur, skrywer én spelers. Lupita is ook benoem vir ’n Tony vir beste aktrise.

Liesl het op sosiale media haar vreugde gedeel.


Die toneelstuk handel oor vyf vroue en hul oorlewing tydens die burgeroorlog in Liberië. Dit het altesaam ses Tony-benoemings ontvang.

20160429_VGB Tag

 Lees nou

Natalie Portman se man ster van dokumentêr

Janet Jackson swanger op 49

Diaan, Milan, Cindy en hul kleingoed