Hieroor praat mense

Suid-Afrikaners eet troukoek-rok

Die drie spesiale koeke is gemaak volgens trourok-ontwerpe deur ons land se belowende jong mode-ontwerpers. Bekende sjefs het die lewensgroot koek-rokke met Sasko se meel gebak en dit met sjokolade en macaroon versier voordat modelle dit vertoon het.

Die  geleentheid het menige jong meisie se twee grootste trou-obsessies gekombineer: die koek en die rok! Ná die modeparade is die “rokke” opgesny en voorgesit. Melissa Pecoraro van SARIE se kosspan sê: “Die koek het fantasties gesmaak, ryk en romerig, met ’n ligte tekstuur.”

Daarna kon al die gaste in ’n groot kaartjie ’n boodskap skryf vir die koninklike paartjie. Dit word aan William en Kate gestuur, met liefde van Suid-Afrika. Melissa het namens die SARIE-span ’n boodskap geskryf: “Congratulations with the wedding! Liefde, SARIE magazine.”

  • Sannie Barnard

    So bly julle het namens ons n boodskap gestuur! Is n getroue Sarie leser vir die afgelope 40jaar! Baie dankie vir n wonderlike Tydskrif! Groete uit n groen maar koue Kalahari!

  • Hyla

    Wens ek was daar vir n snytjie of twee koek..