FOTO Facebook

FOTO Facebook

Hieroor praat mense

Suid-Afrikaners presteer

Suid-Afrika se skoonheid, kos, wyn, braaivleisvure en mense maak op vir al die land se kwale. En die afgelope naweek het Suid-Afrikaners ons weer #TrotsSA gemaak!

1. Pretty Yende maak musiekgeskiedenis

Suid-Afrika se suksesvolste sopraan in die buiteland het verlede week geskiedenis gemaak toe haar debuut-album, A journey, bo-aan iTunes se Top Charts (sluit alle genres in) was en ook die beste verkoper in die klassieke kategorie was.

FOTO Facebook

FOTO Facebook

“Nooit sou ek kon dink dat my loopbaan so sou verloop het nie – ek is uiters dankbaar en nederig,” skryf sy op haar FB-blad. Voorts sê sy spesiaal dankie vir haar Suid-Afrikaanse familie, gehore en vriende. 

2. Trevor Noah op Time se voorblad

Hy woon dalk nie meer in Suid-Afrika nie, maar steeds maak hy ons trots. En die afgelope week het Trevor op die voorblad van die Amerikaanse tydskrif Time verskyn.

comedy-final

Trevor het ook verlede week op ’n insetsel van The Daily Show die Republikeine se presidentskandidaat, Donald Trump, aangevat. Die insetsel het viral gegaan.

Kyk dit hier:

3. SA atlete verwerf 17 medaljes by die Paralimpiese Spele

Met net 45 paralimpiese atlete het ons SA span uitstekend gevaar: 7 goud, 6 silwer, 4 brons! Ons het ook 22ste geëindig by vanjaar se Spele. By sowel die Olimpiese Spele as die Paralimpiese Spele het ons eerste gekom in die 400 m vir mans. Die atlete Wayde van Niekerk, Charl du Toit (T37) en Dyan Buis (T38) het al drie goud in hul onderskeie 400 m-items gewen.

4. Oud-Springbok Corné Krige gekies om Réunion-eiland te besoek

Die Réunion-eiland het groot planne vir sy toerisme. En Corné is gekies om vir die eiland veldhardloop-roetes (trail runs) te gaan ontdek en te beplan.

Lees nou

Uma se dogter óók ’n model

Postnatale depressie: Die tekens

Sound of Music se Liesl oorlede