Hieroor praat mense

Spierwit, soos Kersfees in Julie!

Met dele van Suid-Afrika wat lyk of dit met versiersuiker bestrooi is, is dit soos Kersfees in Julie! Die afgelope naweek het sneeu oor dele van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Lesotho geval. Die Burger het die verskynsel so mooi op hul voorblad beskryf: “Republiek van sneeu.”

Dié week gaan ons behoorlik bibber van die koue. Gelukkig bring die ysige weer geluk. Die damvlakke in die Wes-Kaap het die afgelope week gestyg van 46,28% tot 50,25%. En die Bergrivier-opvangsgebied, wat die hoofopgaardamme vir Kaapstad is, behoort ná vandag se reën 60% vol te wees.

Swaar reën word voorspel vir die Suid-Kaap, die Overberg, Kaapstad en die Boland. Daar word stormsterk winde en vloede teen die kuslyn van die Oos-Kaap verwag. In KwaZulu-Natal kan mense hulle reg maak vir ’n minimum temperatuur van 6 ºC, en donderstorms word voorspel vir die noordelike dele van die Vrystaat. En nóg sneeu word verwag oor die suidelike dele van die Vrystaat.

Ons vroeë “wit Kersfees” is nog lank nie verby nie!

Kyk net hoe bibber die land:

Wes-Kaap

#snowing #beautiful #blessed

A photo posted by Madie (@madiebotha53) on

Nice photo of the snow on Matroosberg this morning. A photo posted by Snow Report South Africa (@snowreportsa) on

Snow at Matroosberg, W Cape yesterday.

A photo posted by Snow Report South Africa (@snowreportsa) on

 

Oos-Kaap

Barkly  Oos  Foto - Zandri Hill

Barkly-Oos FOTO Zandri Hill

 

In die distrik van Barkly-Oos was die sneeu 20cm diep!

Barkly Oos

Barkly-Oos

 

  Melodie Heinse : Compassberg Nieu-Bethesda (Eastern Cape)   A photo posted by Snow Report South Africa (@snowreportsa) on

 

KwaZulu-Natal

Snow everywhere #snowfall #instagram_sa #mountains #drakensburg #thisissouthafrica #snow #royalnatalpark A photo posted by satish ratnaparkhi (@satishratnaparkhi) on

Dargle snow – photo via Lorian Mumford

A photo posted by Snow Report South Africa (@snowreportsa) on

Vrystaat

 

Super cold #snow #freestate #chasingsnow

 

A photo posted by Tanya de Jager (@tanyadejager1977) on

Such a nice day.. super cold but worth it! #chasingsnow #goldengate #freestate #snow

A photo posted by Tanya de Jager (@tanyadejager1977) on

Só is die koue deur die koerante vasgevang:

Bronne: Die Burger en WeatherSA