FOTO Instagram/ @Jakobdezwart

FOTO Instagram/ @Jakobdezwart

Hieroor praat mense

Sydney-storm ergste in 42 jaar

Vloede en woeste winde het Sondag inwoners in Sydney, Australië, geteister. Talle huise aan die kus is beskadig en meer as 30 000 huise is sonder krag gelaat. Dit word beskryf as ’n “monster”-storm, berig Daily Mail. En weerkenners waarsku dat nog groot reën dié week oor die hele staat van Nieu-Suid-Wallis verwag word.

Inwoners van Sydney het reeds verlede Vrydag kennis gemaak met sterk winde en ’n stormagtige see. Maar dit was Sondag (gister) dat die grootste skade plaasgevind het. Drie mense is oorlede, berig The Sydney Morning Herald.

Kyk die effek van dié storm:

Dele van Europa het ook verlede week onder swaar reën en vloede deurgeloop. In Parys, Frankryk, het die Seine-rivier Donderdag uit sy nate gebars en begin oorstroom. Om te verhoed dat 30 000 historiese kunswerke vernietig word het die Louvre Vrydag sy deure gesluit.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Teen Sondag het die Seine-rivier se watervlak begin sak, berig The Wall Street Journal.