FOTO Twitter

FOTO Twitter

Hieroor praat mense

Tannie Ans help Wayde wen!

Vanoggend het die blitsige Wayde van Niekerk in net 43.03 sekondes die harte van mense wêreldwyd gesteel. En sommer die 17 jaar oue rekord van Michael D. Johnson verpletter. Daar was veral een vrou in die stadion wat besonder breed geglimlag het – sy 74-jarige afrigter, tannie Anna “Ans” Botha.

Wayde het ná hy geseëvier het spesiaal vir tannie Ans bedank.

Tannie Ans toe Wayde oor die wenstreep gehardloop het. FOTO Twitter

Tannie Ans toe Wayde oor die wenstreep hardloop.
FOTO Twitter

“Sy is ’n ongelooflike vrou. Sy’t ’n groot rol in my lewe gespeel. Ek is vandag waar ek is oor haar. En daarvoor is ek dankbaar,” het Wayde gesê, berig Sport24.

Tannie Ans, ’n voormalige atleet, het in 2012 vir Wayde onder haar vlerk geneem. Sy het van die eerste oomblik af geweet Wayde het ’n besonderse talent, berig City Press.

Wayde sê verder tannie Ans het hom gedissiplineerd gehou. “Sy’t my help fokus. Ek is dankbaar dat ek op haar kan vertrou.”

Tannie Ans het in 1960 begin afrig, en eers net haar eie kinders. Later het sy ander atlete ook afgerig. Sy is die Universiteit van Vrystaat se hoof-afrigter en is reeds vir 25 jaar by Kovsies.

Lees wat Usain Bolt vir Wayde gesê het!

Bronne: City Press, Daily Mail

Lees nou

Rio 2016: Almal soek ’n stukkie Wayde

Wayde van Niekerk se goue hart