FOTO Instagram / @Taylorswift

Hieroor praat mense

Taylor Swift se lippe – almal soek dit!

Ten spyte van haar stormagtige persoonlike lewe kan Taylor Swift maar die jaar 2016 “Shake It Off”. Ja, haar verhoudings met die Skotse musikant Calvin Harris en die Britse akteur Tom Hiddleston het nie gehou nie. Maar Forbes het Taylor aangewys as die rykste celeb onder 30 vir 2015/2016. Nou word haar lippe ook die meeste begeer. Ja, Taylor se lippe is as die mooiste en perfekste aangewys.

Die Britse plastiese chirurg dr. Julian de Silva het ’n peiling van sy vroulike pasiënte se versoeke oor die jare gehou, berig The Mirror. Die meeste wil Taylor se lippe hê.

Hier’s die lys van die mooiste lippe:

1. Taylor Swift – sanger

2. Angelina Jolie – aktrise

3. Rihanna – sanger

4. Scarlett Johansson – aktrise

5. Rosie Huntington-Whiteley – model

6. Megan Fox – aktrise

Lees nou

Sorina se Braambossie al singend dié Kersfees

Ryan Reynolds en Blake Lively wys hul kinders

Jou huis – wat jy moet weet voor jy weggaan vir die vakansie