Madeleine McCann
Hieroor praat mense

Terugslag vir Madeleine McCann se ouers

Madeleine McCann, die Britse dogtertjie wat op vierjarige ouderdom op die vakansiedorp Praia da Luz in Portugal spoorloos verdwyn het, se ouers het ’n belangrike hofsaak verloor.

’n Portugese speurder wat by die saak betrokke was, Goncalo Amaral, het met sy boek en die uitreiking van ’n dokumentêr geskimp dat die ouerpaar betrokke moes gewees het by die verdwyning van klein Madeleine in 2007. Die McCanns, Gerry en Kate, het teruggekap en die speurder vir naamskending gedagvaar. Hulle het die uiteindelike hofsaak gewen toe die regter beslis het dat Amaral hulle 500 000 euro (R7,2 miljoen) moet betaal.

Maar die hofbevel is op appèl van die speurder omgekeer, waarna die McCanns hulle tot die hoogste hof in Portugal gewend het. Verlede week is hul aansoek uitgegooi. Nou is daar die moontlikheid dat hulle verantwoordelik gehou gaan word vir al die regskoste, berig The Mirror.

’n Koor vir die vermistes …

Intussen het Kate McCann glo ’n mate van berusting gevind in die geselskap van ’n koor. Sy het die koor begin as reklame vir die welwillendheidsorganisasie Missing People. Sy’s ’n ambassadeur en verteenwoordiger vir die organisasie.

Die koor het ingeskryf vir Britain’s Got Talent en het baie goed gevaar, berig Daily Mail. Omdat die talentsoekkompetisie tans in die produksiefase is, word alles nog geheim gehou. Die program word glo in Mei uitgesaai.

Kyk hoe sing die koor die lied “I Miss You”:

Lees nou

5 nuusstories vir 8 Februarie 2017

5 nuusstories vir 7 Februarie 2017

4 interessante nuusstories vir 6 Februarie 2017