FOTO: Twitter @LeeAnn_L

FOTO: Twitter @LeeAnn_L

Hieroor praat mense

#thedress ingespan vir ’n goeie doel

Dit was die rok wat die wêreld aan die praat gehad het. Spottendergewys is daar gesê dié rok het verhoudings en vriendskappe opgebreek.

Nou het die Suid-Afrikaanse Salvation Army dié rok in ’n nuwe veldtog gebruik om die fokus op geweld teen vroue te plaas.

Dié veldtog het vinnig oor die internet versprei en wêreldwyd aandag geniet. In die kleinskrif staan: “The only illusion is if you think it was her choice. One in 6 women are victims of abuse. Stop abuse against women.”

Wêreldwyd het mense die Salvation Army geprys vir dié slim en nodige veldtog.

{ —- }

Selfs in die SARIE-kantoor het ons verskil of dié rok swart en blou, of wit en goud is …

Screen Shot 2015-03-07 at 2.26.05 PM

Screen Shot 2015-03-07 at 2.26.48 PM

Volg SARIE op FacebookTwitter en Instagram