sr1111karoo_fracking_7_
Hieroor praat mense

Theuns Jordaan: “Daar’s ‘n hartselement aan die Karoo…”

“Ek kom van ’n plaas naby Colesberg en het op Graaff-Reinet gematrikuleer. Vandaar my liefde vir die Karoo – dis wat my gevorm het. Daardie berge, daardie plante, daardie vlaktes met sy koedoes. “Ek gaan kuier nog gereeld daar vir my pa-hulle op hul plaas naby die Gariepdam, natuurlik om die
familie te sien, maar ook omdat daardie wêreld maar naby aan my hart gebly het toe ek stad toe
getrek het. Daar heers ’n rustigheid en stilte in daai oop ruimtes en natuurskoon wat jy nie in ’n stad kan koop nie.

“Daar’s ’n hartselement aan die Karoo – dis ’n sentiment, eerder as net ’n plek. Dis erfgrond en mense het ’n emosionele band daarmee.

“Die slim ouens sê ons moet bekommerd wees oor hidrobreking. Dit kan die omgewing só besoedel dat dit die unieke plantegroei kan uitwis. Ja, ’n brandstofmaatskappy kan dalk vir tien jaar daaruit geld maak en werk skep vir ’n ruk, maar teen watter prys as ’n generasie daarna nie in hul omgewing kan voortbestaan nie?”