sr1111karoo_fracking_8_
Hieroor praat mense

Tickey van ‘Boer soek ‘n vrou’, sê nee vir ‘Fracking’

“As ’n vyfdegeslag-skaapboer op ons plaas naby Loxton weet ek hoe sensitief hierdie bossieveld is. Ons is versigtig met ons vee-lading en verander gereeld die diere se weivelde. As jy die plante hier
seermaak, vat dit jare en jare voor dit weer behoorlik lang lote stoot en uitgroei.

“Ek kan nie raai wat die impak van hidrobreking sal wees nie, maar ’n mens voel sommer reeds of jy oorlog toe wil gaan! Dis óns wêreld dié. Ons lewens, ons heenkome en ons besighede sit tussen hierdie ysterklippe.

“Ons is so afhanklik van die natuur hierso en kan nie ’n bestaan maak sonder die reeds bedreigde grondwater van die Karoo nie.

Wat as dit besoedel word? “Jissie man, ’n ou raak selfs besitlik oor die stilte. Ek dink daar is min plekke waar jy so na aan die Skepper kan kom. Die ongereptheid, die vryheid, die natuurprag … dis ’n ander wêreld dié, en een wat bewaar moet word.”