FOTO Twitter / @thetonyawards

FOTO Twitter / @thetonyawards

Hieroor praat mense

Tony-aand vereer Orlando-slagoffers

Dis die dodelikste massaskietery in die geskiedenis van die VSA. Sondagoggend vroeg het Omar S. Mateen (29) by die gay nagklub Pulse in Orlando, Florida, ingebars en begin skiet. 50 mense is doodgeskiet en 53 is gewond.

Mateen het ook van die klubgangers gyselaar gehou. Maar die polisie het die klub drie uur later bestorm en die skieter is in die voorval doodgeskiet.

Lees die volledige storie op CNN.

Sondagaand was die ook die gesogte Tony-teatertoekennings in New York. Die gasheer en aanbieder, James Corden, het die geleentheid aan die slagoffers van die Orlando-skietery opgedra.

“Haat sal nooit wen nie. Saam moet ons seker maak daaroor,” het James op die verhoog gesê.

Verskeie akteurs het ook in hul toespraak die Orlando-tragedie genoem. Lin-Manuel Miranda, wie se Broadway-treffer Hamilton 11 Tony-toekennings gewen het, het ’n roerende sonnet voorgelees.

Op sosiale media het bekendes hul skok en teleurstelling gedeel.

Lees nou

JP Keyter hou van uitdagings

Koningin Elizabeth “amptelik” 90