matriekafskeid
Hieroor praat mense

Top-10 Matriekafskeidrok 2015-finaliste

Jonk, mooi en met die toekoms wat roep. Die matriekklas van 2015 het ons weer eens beïndruk met hul matriekafskeidrokke.

Hier’s ons top-10 finaliste vir Matriekafskeidrok van die Jaar 2015. Kry jou Julie 2016-uitgawe van SARIE (te koop vanaf 13 Junie 2016) om te sien wie het gewen!

Line Becker, Hoërskool Overkruin (ook hooffoto)

“Die unieke neklyn en een lang mou beeld my unieke persoonlikheid uit. Die mou het die effek van ’n handskoen.”

line

Larné du Plessis, Hoërskool Wonderboom

“Ek wou vir een dag voel ek lewe in die Victoriaanse tyd, maar ook nie té dramaties nie. Ek het gekyk na ontwerpe, maar die nuwerwetse rokke was vir my te styf en te kort. Ek wou my matriekafskeid geniet en nie ongemaklik voel nie.”

larne

Anel Fourie, Hoërskool Pearson, Port Elizabeth

“Ek hou van eenvoudige klassieke rokke, met tog ietsie anders en sexy daaraan. Swart is altyd vir my ’n wenner omdat ’n vrou elegant en slank lyk daarin.”

anel

Zoneké Erasmus, Hoërskool Durbanville

“Soos die meeste meisies op hoërskool het ek al in graad 11 begin voorbeelde van rokke bymekaarmaak. Ek wou solank ’n goeie idee kry van hoe my persoonlike smaak vergelyk met die nuutste modetendense op die wêreld se loopplanke en rooi tapyt.”

zoneke

Chané de Wet, Hoërskool Jeugland

“Onseker loop ek en my ouma dieselfde dag by ’n rokwinkel in. Die vrou haal ’n rok van die rak af en sê dat ek mal daaroor sal wees. Ek is eerlik ek was glad nie mal oor hoe dit op die hanger lyk nie, maar ek pas toe die rok aan. En net daar val elke plan en elke droom by mekaar in!”

chane

Abby-Gail Lorandi, Oranje Meisieskool

“Al wat ek vir die ontwerper gesê het, was ek wil glad nie soos een van die ander meisies lyk nie. Ek soek iets heeltemal anders.”

Lorandi1

Zanri du Plooy, Hoërskool Zwartkop

“Ek dink persoonlik as jy my ken, sal jy saamstem dat my rok presies my persoonlikheid uitbeeld. Ek weet dit is dalk ’n cliché om dit te sê, maar ek het sowaar soos ’n regte prinses gevoel in my rok.”

zanri

Dané Smit, Augsburg Landbougimnasium

“My ouma het vir my ’n pragtige wit handsakkie gegee waarop elke kraletjie vasgewerk was wat sy by haar matriekafskeid in 1954 gedra het. Dit was so ekstra-spesiaal! Die blommetjies op die materiaal beskryf my spontane persoonlikheid en my eenvoudige, unieke styl. Die rok het my so ongelooflik mooi laat voel en het my laat straal op my spesiale aand!”

dane

Danielle Swanepoel, Sentraal Hoërskool

“Ek wou graag ’n rok hê wat sal uitstaan, wat klassiek is en by my as mens pas.”

swanepoel

Alri Vorster, Hoërskool Sentraal, Bloemfontein

“Van een ding was ek heeltemal seker … my rok moes sag, vleiend en klassiek wees en ek moes soos myself daarin voel.”

alri

Kry jou Julie-uitgawe om te sien wie is ons wenner!

julie

Lees nou

Kyk na die semi-finaliste van 2015 HIER

Ons 2014-wenner, Doré Bornman

Ons 2013-wenner, Anchen Strauss

Ons 2012-wenner, Dané Smit