img_6226
Hieroor praat mense

Top-10-voorbladgesig-finaliste verklap hul geheime

Raai by watter geheim pas by watter finalis:

VRAAG:

1. Vir haar is die mooiste deel aan haar gesig haar glimlag en wit tande. (Leidraad: Sy het ‘n sterk Afrikaanse voornaam)

VOORBLADFINALIS: Johanna Bezuidenhout

Johanna Bezuidenhout

VRAAG:

2. Haar beste skoonheidswenk is vitamiene A. Sy drink elke oggend en aand ‘n vitamiene A-tablet en smeer vitamien A-serum aan my gesig. (Leidraad: Sy lyk glad nie haar ouderdom nie!)

VOORBLADFINALIS: Annamie de Bruin

Annamie de Bruin

VRAAG:

3. Sy beskryf haarself as edgy en ‘n bietjie rock ‘n roll! (Leidraad: Sy skrik nie vir ‘n lekker kort haarstyl nie)

VOORBLADFINALIS: Tana Ferreira

Tana Ferreira

VRAAG:

4. Haar lengte het teen haar getel toe sy graag model wou word. (Leidraad: Wonder of sy al die berugte spook in haar tuisdorp gesien het?)

VOORBLADFINALIS: Sindy Vlooh

Sindy Vlooh

VRAAG:

5. Haar kosbaarste besitting is haar Isuzu-dubbelkajuit-bakkie! (Leidraad: Die vroue in haar tuisstad is bekend vir hul skoonheid)

VOORBLADFINALIS: Selma Swanepoel

Selma Swanepoel

VRAAG:

6. Sy oefen haar poses voor haar spieël. (Leidraad: Haar tuisdorp herinner aan ‘n Bybelse stad)

VOORBLADFINALIS: Francé Grobler

Francé Grobler

VRAAG:

7. Haar oë beskryf sy as alien. Dis soms potblou, soms blougroen. (Leidraad: Sy is net so oud soos Charlize Theron)

VOORBLADFINALIS: Belinda Gantz

Belinda Gantz

VRAAG:

8. Haar droomwerk is ‘n professionele shopper! Sy wil heeldag vir haarself en ander mooi klere koop. (Leidraad: Sy lyk bietjie soos Disney se Sneeuwitjie – gitswart hare, ‘n spierwit gladde gelaat.)

VOORBLADFINALIS: Yolandi Traut

Yolandi Traut

VRAAG:

9. Sy is baie lomp en het al twee keer op roltrappe geval. (Leidraad: In Latyns beteken haar naam liefde vir jou vaderland.)

VOORBLADFINALIS: Patria Joynt

Patria Joynt

VRAAG:

10. Haar matriekafskeidrok is duifgrys en het 80 meter tulle. (Leidraad: Ja, sy’s dié jaar in matriek en woon in ‘n baie bekende studentedorp)

VOORBLADFINALIS: Germa Schultz

Germa Schultz

  • Yolandi Tiedt

    Nommer 3 is definitief Tana Ferreira, sy is ‘n sprankelende mens en sy is wat sy is!.

  • Julie Scheepers

    Nommer 5 is ons pragtige Selma vriendin! Sy is mal oor daai bakkie van haar.

  • L.V.

    Nommer 4 is my pragtige vriendin, Sindy :) Ek is net nie seker of daar al ‘n spook was in Uitenhage nie, wel in Uniondale ;)

  • alona

    Nr 6 is. my pragtige France-kind! So mooi van binne soos van buite!

  • Alette

    Nr 2 is ons pragtige dogter Annemie. Sy is ‘n werklike omgee kind, mooi van buite maar pragtig van binne.

  • Nikki Bouwer

    No 8 moet definitief Yolandi Traut wees! So n ware beskrywing van haar spierwit gelaat. Sy is definitief n omgee persoon,want sy meld sy wil vir haarself en ander mooi klere koop. Wat n wonderlike gebaar en ook n wonderlike eienskap van n perfekte Sarie Voorblad gesig! Definitief my No1 keuse vir My Sarie voorblad! Beeldskone Sneeuwytjie van Sarie!

  • Chris en Madalief Joynt.

    Whahaha! Nommer 9 is beslis ons kind! Lekker Patria, mam se sy onthou dit sommer goed.

  • Michael Mack

    Nommer 1 is Definitief Patria Joint.sy het n Baie mooi glimlag.
    There will be no1 that can brighten up a place like she can……
    heart of gold, with the passion stronger then steal.xx

  • Mia-Anne O’Kennedy

    Nommer 3 is verseker die Sprankelende, Funky Tana Ferreira. Wat ‘n mooi meisie. Uniek in haarself.

  • Louwtjie

    Nr 10 is Germa, pragtige meisiekind en slim ook, absoluut fab meisie.

  • Marina de Villiers

    Annamie de Bruin jy is uit en uit ‘n wenner!

  • Theresa

    My keuse, nommer 1, Johanna Bezuidenhout!!!!!. Kan nie dink dat julle nog twyfel nie